OOS-VRYSTAAT KIND
Onthou jy Oos-Vrystaat kind Somerson en Winterwind Die wintersneeu op die berge en die sonskyn goue koring-gerwe Stofstrate en Sandsteenhuise Dit was lank jou tuiste Onthou jy Oos-Vrystaat kind hoe het die sang van die skoollied weerklink Die sorgvrye dae van posaflewering en die gelui van die telefoon se klank Onthou jy Oos-Vrystaat kind daar […]
sien is glo ; voel is ervaar
het jou boodskap maar die priem van ‘n liefdespyl wat dring en wring kon jy maar iets sê wat betekenis dra en aan soekende siele hulp verskaf Ó Tearlach.
akro
klanke en liggolwe trek saam om jou mond my ore tuit van die genot om kort sinne te verken woorde uit jou pen alternatiewe leefwyse van die “woke” bevolking alles akro en steriel vir hul skepping spring nie vry eie eselsbestaan geyk onder uit die sand filtreer hul klanke dof akronieme van […]
Rooi Robot reisies (Brons)
Rooi Robot reisies (Bagartag / Bagarthach gedig) Woeps, jaag hul oor rooioog gewis ignoreer ons padregulasies daar waar ruggraat sy naam uitwis verwens ek hul sitvlak vol blasies. © Taai Bonthuys
seldsame gedrag
sosiale media is oop mense gewetens verloop siele ontmoet “mekaar” vertel uit die hart aan wildvreemdes al hul smart eensame geeste soek vind dié wat hul oog verlang sien wat hulle wil sien kry wat hul verdien baie seldsame sameloop oues van dae dink ver terug aan opsitkers al die opsmuk van […]
Ek is skatryk
Brons kategorie Ek is skatryk stap saam met my tussendeur die lyne soos ek tree vir tree waag te verdig my lied waar geen reëls my stem kan keer mag woorde ook die pad na jou hart bereik jy wie se lewe lê… so verryk ek wil die vaalgrys winterspoor ver wegvee waar dit hoort […]
Lewe sonder grense.
Lien Meiring lê op haar rug in die sagte gras en kyk na die wolke wat lui oor die blou hemel trek. Die son se warm strale streel haar gesig terwyl sy die rustigheid van die oop veld om haar waarneem. Maar haar gedagtes is allesbehalwe rustig. Sy dink aan die verskriklike streng reëls wat […]
aweregs
die wêreld draai dit swaai en bokspring in sy onewe baan wat tregter na oneindige groot, ver bestemming daarteenoor lê die vakuum van my lewe soos oneindige klein gebeurtenis wat geen merk kan maak op lewende skepping aweregs sien ek dit uit omdop oë met blindheid geslaan Ó Tearlach.
YSIGE LENS
Winter die introspeksie seisoen wat die ysvingers van die verlede oopmaak die kettings van gewoontes verbreek geestelike dagboek word deur geblaai oorweeg jy dit weer of skeur jy dit uit hoe leer jy om voor te begin jy moet jouself ontbloot jy moet foute en tekortkominge erken dan los jy dit nes verlede winter tussen […]
volgens my reëls (SILWER)
ek skryf ’n gedig sonder reëls of rym so wil ek my plek op die podium kleim en skryf met geen reëls of geen plan woorde dans rond soos ’n malle man ek dink aan rym, maar sê gou: nee moderator wil my onder die mat in vee ek vergeet van metrum en spraak in […]