Mure
sandsteenmure verweer sandkorrel sandkorrel… en klip trou weer met baar grond sandsteenmure verweer in laatmiddag sonstrale hoëveld goudbruinvelle met baar wonde die sandvel skilfer as moddermismessel verweer en gee geboorte aan sand klinies uitgeverf staan sandsteenmure in die vrye ope veld as grondskelette
harde klanke
wanneer die kakofonie van klanke om my bars rek en krimp my bloedplaatjies verwoed op hul mars brand suurstof borrels witwarm deur my spiere smag my droë longe na die vars seelug vervat my gedagtes hul beginpunt versnel my siel weereens sy lewensreis na êrens of dalk nêrens ©Teárlach.
Winterfront (Goud)
jy kom roep my nie meer om saam jou te aanskou as die weerlig dramaties tussen die randjies bokspring nie ek gaan soek jou nie meer om langs my te kom staan wanneer die sekelmaan versluierd agter die wolke uitklim nie ons hou nie meer hande vas as ons saans gaan slaap nie en voel […]
Vanselfsprekend (Goud)
Dis skandalig hoe ons deur dié dwase gejaag na niks so maklik kan vergeet wat eintlik belangrik is en ons seëninge so lag-lag as vanselfsprekend ag. Soos die liefde wat ons geliefdes teenoor ons betoon, die eenvoudige gebare waarmee hulle ons immerdeur beloon, die klein dingetjies en edelaardige dade waarvan ons die waarde so graag […]
verstrengelde harte (SILWER)
verstrengelde harte moederlike instink ontvou op dooie doek met mamma in nargewaad; beskermde wese gesig geverf, koesterend beskut en bewaar sy ʼn jong gees wat spreek van leergierigheid in kindjie klein met gees van jeugdigheid brand nuuskierigheid se vlam – lig en helder met ʼn honger na kennis en ʼn hart wat glo […]
‘n Diamantgedig (SILWER)
gade fraai fenomenaal ondersteun beskerm ontgin gedroom geskitter gedeel gesteun beskerm bewonder bemin vergenoeg verdraagsaam eggenote
Die groot woord: verhuising!
Die groot woord: verhuising! As daar een woord is wat my maag behoorlik op ‘n knop laat trek, is dit: verhuising! Jy woon so heerlik in die woning wat jy huur en verbeel jou daagliks dat dit jou eie eiendom is. Dan kom die gevreesde oproep van die agent. “Mevrou, ons het ‘n paartjie wat […]
Ouma se geheim.
Ouma se geheim. Lien sit op haar ouma se ou houtkatel. Die verekombers lê glad oor die groot hemelbed. Lien Meiring, vier-en-twintig jaar oud lyk ouer as haar ouderdom wanneer sy na die vertrek kyk. Sy word omring deur die ryk geur van houtpolitoer en die subtiele aroma van haar ouma se parfuum. Nostalgie oorval […]
Die raaisel.
Die raaisel. Die koel herfsoggend lê soos ʼn sagte sluier oor die Bolandse dorpie. Tipiese tekens van die naderende winter. Die luggie is skerp koel, ʼn mengsel van varsheid en koue. Die son begin stadig oë wys. Lig skyn deur die dun laag fyn miswolke. Sondruppels glinster soos juwele op die herfsblare. Nadia Verster sug […]