Die geskenk van oud word
In die skemer van die lewe se dag, stap ons stadig, sonder vraag. Die jare kom en gaan verby, en ons kyk terug met ‘n sagte sug. Die lyne op ons gesig vertel ‘n storie, van elke lag, elke traan en glorie. Die hare wat grys word, so sag en stil, ‘n herinnering aan […]
Gesoek: Een geheue
Soms laat ek myself totaal en al verstom deur ‘n groeiende simptoom van die gejaagde mensdom: ek reken al te graag “Ek sal dit nooit vergeet” net om ‘n paar dae later my woorde op te vreet daarom maak ek planne deur ‘n lys vir als te hou net om die neersitplek van die lys nie […]
Hond Getrou
jy is gebore sag van haar ń F1* hartekruiper jou hare knaend sneeuwit op my dominee mat jy luister na jou baasgesels getrou sonder woorde so gaan ons saam jaar na jaar hondtrou *F1 is Formule 1 die hoogste trap in motor wendrenne byeenkomste ter wêreld wat uiters gewild is
aswoensdag
uit die stof van aswoensdag rys my siel op wolke van vreugde verander my lied in blye lofprysing traan my oë nie meer oor lyding weet ek die oorwinning is seker Hy het die dood reeds oorwin aanstons is my stryd volstry marsjeer ek saam met hul al die Christen Stryders ©Teárlach. (Aswoensdag: Die eerste […]
Die dag toe die dolos draai Goud
Die dag toe die dolos draai Die see was stil, daardie onweersdag toe enkelryvoetspore kronkel skeef kartel in die witsand by die baai jou alleenmens skadu het in ‘n donker kol oor die rots gerol terwyl jou soutverlang op jou wange droog die see was stil, daardie onweersdag toe jou lappoplyf dryf; […]