Om aan te hou
. Ek sal aanhou dans as dit donker word Tot die môrester weer in my hart opkom Tot die swaeltjies weer op my leë stoep nesmaak Totdat ek die oase vind in my woestyn Ek sal aanhou sing al is my liedjie klaar Op gebroke mineur my kop draai na die son My esens stuur […]
Sterrekyk
Jare gelede het jy beloof jy gaan my eendag weer kom haal jy sou inry op ʼn groot wit perd met sieraad, fleur en ʼn glinster saal ons sou dans deur die sterreryk, duik oor golwe van silwer en goud met die Suiderkruis die hemel uitmeet en die geheim van die heelal ontleed jy, […]
Die vele ballades en inrigtings van tyd
Wat soms benewel is – Daai tipe verwarde gevoel, ‘n deurmekaar dubbelspel in lewe se tyd van ballades, hunker uit die son se skadu wat uit vêr verledes seil hier kom jy op ‘n bepaalde vasgestelde – jou “assimilasie” na vele inrigtings, van hulle is jy aanstuur sommige trompop hol onderste bo toekoms opfokkend met […]
uitspanning
na inspanning kom uitspan die geruis van bande die reuk van petroldampe die warm lug van die ry maak motor bedompig na ure se ry die verwagting ma se hoender boutjies die gebakte aartappels bruinbrood toebroodjies slaaiblare om alles vars te hou die kosmandjie met ‘n jammerlappie kyk ons kinders myle uit om […]
op ligter noot
skadu volg my onbewus daarvan strompel ek voort helder die kloppende ego in my hart geluk volg my diep in my hart beleef ek intense beloning op wat ekself gee ©Teárlach.
DIS JOU BEURT
Dinge loop skielik in jou lewe en dan wonder ons gewoonlik hoekom dit so is. Dis nie die dolosse wat nou verkeerd val en jy is ‘n slagoffers nie, nee karma het jou adres gekry en bly nou daar tot jy reg gemaak het of jou les geleer het. Die lewe het net een reël […]
Stof Reën
ń stof bank rol oor dorre veld en vervaal die blou lig in rattel vensters geraam wind valkies vee draai sterte en duik vir bloekombos die koppe sak laag gereed vir die aanslag in die warrel wind lê ook my stofpad na ń plat sinkdak met die vensters toegesluit die stof sak ouma kombers sag, […]
Ongemak
die tafel is gedek sitplekke noukeurig toegeken pro rata versprei, gesels en stug rang en onbeskof, doelbewus geskei profesioneel is vanaand gereël iemand gaan dit geniet my oë dwaal oor silwer eetgerei langs wit porselein my ore hoor gedempte neutrale gesprekke hul tande flits identiese wit tandepasta reklame my kop verdwaal in eie stil debat