ROU
ROU Dit was die grys oom wat krom geloop het, dubbelgevou oor die kierie gebuig, die verkalkte dik tone die sag van sy lag wat my onverhoeds vang oor die wasbak gebuig. En die trane saam met die hare-was-water ongesiens verdwyn tot later. Susan van Rensburg 30/01/2024
ek onthou alles van jou (silwer)
ek onthou alles van jou dit was ’n soel aand in Oktober met die maan sekel en flou die lug was dik van lente sterre het geblink vir my én jou tog het ons belowe en gehuil verduidelik, gepleit en gepraat voor ons was ’n kruispad en die stiltes het langer geraak ek was oud […]
As ek kon (Goud)
as ek kon sou ek vir jou die wolke voor die son wegskuif en jou eensaamheid die dieptes van die oseaan indryf ek sou jou hartseer vang en aan ‘n vlinderbos ophang waar dit sal uitdroog in die son en met die winterbries heengaan ek sou vir jou ‘n nagtegaal uit die oewerbos loop haal […]
teïsme vs deïsme
dig ek vir my ‘n beeld ‘n beeld soos ‘n goue kalf soos ek alleen my god wil sien verloën ek daarmee God se krag waarmee Hy brakwater in soetwater selfs water in wyn verander het eien ek myself die reg toe aan Hom toe te dig, dit wat ek wil Hy moet wees om […]
Sinneloos
Sinneloos Gedagtes grawe en grou in groewe van grysstof sinne stoei soekend na ‘n afslaanbof paragrawe ploeter en plons in krippe woorde broei en stoei met begrippe versvoete voeter heen en weer en op en af los en vas sommer verspot en laf idees skarrel en skaaf sonder stop koppie doppie klap karring en klop […]
vrede
donker diepte van malmansgat onder in laagste duister kolke dit is waar jy soms verkeer daar bloei jy oor en oor uit dieselfde wonde stywe loodreg krans om daar uit te klim is erg dikwels val jy terug en ween oorwin jy, danksy Hom alleen ©Teárlach.
Waar pas skooldrag by die 21e eeu in?
(Woordtelling 1054) ʼn Skooluniform is ʼn eenvormige stel klere wat deur ʼn bepaalde groep skoolgaande leerlinge gedra word en verskeie lande van regoor die wêreld maak hiervan gebruik. Dit word gewoonlik gebruik om die eenvormige beeld van ʼn bepaalde skool uit te dra. Die dilemma rakende skooluniforms is egter reeds verskeie dekades oud. Van […]
DIE HAMERTJIE EN DIE KARRETJIE
Johan het die grootste gedeelte van sy kinderjare op ’n plattelandse myndorpie deurgebring, waar hy met Gerhard goed bevriend geraak het. Hulle het in dieselfde straat gewoon. Oorkant Gerhard-hulle se huis was daar ’n oop stuk veld, met ’n voetpaadjie wat daardeur gekronkel het. Dit was Johan en Gerhard se gunsteling speelplek. Hulle het elke […]
Donker Pels
Ek sien jou daar in die donker Uit die hoek van my oog Sluipend, soos ‘n sku Strandwolf Diep in die ruigtes, Daar waar jou swart pels Verdoesel word tussen die blare en takke, Van die wildernes van my siel Jou welige swart pels, Jou oë wat rooi glinster In die bietjie lig wat die […]
Viva Afrika Goud
Viva Afrika wanneer die Nama-kind met sy pyl en boog deur dorre bosse kruip met die son oor die Kalahari dan weet jy dit is Afrika bruin vlaktes wat in die wind swaai saggies sny hy spoor soos ‘n duisendpoot seil hy al agter ‘n ribbok aan; dit is Afrika wanneer die see se woeste […]