Jin en Jang
jare gelede is ons paadjie uitgelê – joune en myne saam as een hoe sou ons kon raai dat die noodlot dan so sou draai jin en jang verstrengel (alleen tog een) in Siamese-seestroom tot stoeiende skuimsel ritmies heen en weer heen en weer boudswaaiend skommel en wieg twee komposisies saamgestelde materie eenders tog […]
Net ‘n Klein Bietjie Stapelgek
(Woordtelling : 1086) Ek is ten volle bewus van die feit dat ek myself nou vinnig onder die spervuur mag bevind, maar tog kan ek nie die stroom gedagtes en vrae keer nie. En een manier om sin daarvan te maak, is om dit op papier uit te sorteer. ‘n Waarheid wat ek nie […]
Korporaal Mielie 420 Woorde Goud
Mielie, genade alleen weet waarom hierdie bynaam. Vra sal ek liewer nie. Drogbeelde van groen blare en geel hare stoei deur die grysstof van my brein. Glo dit of nie, Mielie was op sy tyd ‘n PTI. Nee, nie soos in Magnum PI nie, soos in ‘physical training instructor’. Liggaamlike opvoedings instrukteur – of so […]
Dis tyd
Dis tyd Dis tyd my vriendin om op te staan ek gee jou my hand, saam vorm ons ‘n sterker band, ek sal jou nie laat gaan. Die droogte het jou uitgeteer, afgebreek tot teen die been met niemand om op te steun, die skeiding het jou verrinneweer. Jy benodig sagte liefdevolle sorg, kom saam […]
Kanferfoelie Genade
As die kanferfoelie blom in die nanag uur langs die heining om my hart Slaan ek my tent op in die melkweg se boeg Sing ‘n naaldekoker my ‘n wieglied op die maan Braai ek my karmenaadjie op die kooltjies van die noordster se as As die kanferfoelie blom spat sy kleur ‘n masker oor […]
van kom-en-gaan
dit was nag en dit was môre die naweek gly so vinnig verby kinders kom kuier en vertrek dit was oggend en dit was nag voor jy dink is die lewe verby net herinneringe bly nou oor dit was soos ons was ons die “baby boomers” van die nuwe wêreld nou is dit vaag […]
Vergeet om te onthou
Onthou my wanneer die suiderkruis blom Wanneer die aurealis borealis lig in die donker probeer wees waar niemand kyk nie Wanneer stormwaters deur die Namib tromboon Wanneer jy aan my dink Vergeet my wanneer jy ‘n vergeet-my-nietjie pluk Vergeet my wanneer jy nie van my droom nie Vergeet my wanneer die aarde hel om die […]
Stuur my terug as ‘n wolk
Stuur my eendag terug as ‘n wolk Sodat ek vry saammet Afrika se wildebeeste die groen heuwels kan stormloop Sodat ek eenhorings onder ‘n waterval kan ontdek Sodat ek duikrolle op Kilimanjaro kan doen Stuur my eendag terug as ‘n wolk Sodat ek vriende met die wind kan wees Sodat ons saam in die golfies […]
Anti-Erns Neanderdaller Teorie
529 woorde Brons Kategorie Die Neanderdal Anti-Erns teorie Jy weet, ek glo nie aan die ewolusie teorie nie vir verskeie redes. Buiten vir die waarheid dat onse Vader ons algar spesiaal opgedroom het as Sy kinders, sien ek die absurdheid daarvan om te dink dat ek ‘n verlore ruimte kiem was wat per abuis kaboem […]