DORSKREET
Die aarde se dorskreet breek oop in barste die wenakker staan biddend met verskroeide kakiebos mielies se dorskreet weergalm oor rooi sandvlaktes bloekombos sing ‘n treurige evangelie boombas stort na benede in halwe traan afgeskeerde skille tussen boom en bas lê die kontoere van nog ‘n droogte mielies se lewens sirkel word in die saad […]
Liefdesdans
Gedigte Maart 2024 Oop projek Silwerklas liefdesdans kom dans net nog eenkeer met my oor oubekende grondgebied my beminde waar ons hand aan hand een laaste maal op maat van ʼn lankvergete wiegelied kan swymel en sweef voor smart ons kom haal kom dans net weer eenkeer met my langs grafte en gragte […]
Lewesiklus
saad broei in sagte kassies wag vir die eerste uitspringkans moet onafhanklik groei om eie krapmerke te versamel oor +- sewe-en-sewentig* jaar jou eind rang word deurdie krapmerke bepaal oor +-sewe-en-sewentig jaar op +- ag-en-sewentig jaar vergete dié krappe alles is stil *gemiddelde mens lewensverwaging
Geslagte
as geharde emigrante in klein skepe met groot tasse vaar ons na eie gesteelde stukkie grond eers as soldate dan vryamptenare in die onbegrensde vreemde en vrye lande ons wortels skiet in Hollands Afrika as sendinglinge van dié beskawing veg ons met inboorlinge en bure oor gras en water skaarste trek gereeld van groen na […]
sonblompie vrou
sluk ‘n sonneblomsaad om in jou hart te ontkiem sonblompie vrou draai jou kop na die vlam sodat die strale se geel jou blaartjies se storie goud kan verf dans in die reën sodat die wortels diep en geil sal groei langs die Jordaan se waterstrome vul jou longe met suurstof van onse Heer sodat […]
droomdenker
Droom denker ek droom van hawens waar net ‘n enkel visserboot vasmeer ek droom van raar lelies wat uitbundig blom in Ikabod valleie ek droom van wolke sonder krabbers en ek droom van jou drome sonder gesigte drome sonder ‘n einde drome sonder drome drome sonder Ikabod valleie ek droom van ‘n veilige hawe waar […]
Die wet van die feëtjies
Die wet van die feëtjies 909 woorde, brons kategorie Polimiek, politiek en realisme ter syde. Jy is nooit te oud en geleerd om ‘n ietsie te vat van elke interaksie wat jy het nie. Hoe groot en glorieryk, of hoe klein en niksseggend dit ookal lyk nie, Maak nie saak hoe groot jou woestyn is […]
SIEN JY
Sien jy bose planne tussen rommel en as voel jy die seer as jy ‘n ma is ons roep ‘n naam ‘n dogtertjie daar doer in saldanha laat die klippe uitroep laat jou voetspore na Jesus toe loop satans kinders met hul bose planne lê mammon se gedagtes in hul hande as jy vat aan […]