stilstorms (Silwer)
maste van my lewenskip skerts oorbodig oor kragtige winde van beproewing splintervars soutspatsels op my wang fluks kloof my boeg deur deinings kiel en spante suile van my siel ek sal nie kantel, want Hy is met my bly loefgierig in die soene van die wind só sal ek die loef afsteek teen vergaderings van […]
veilig (Silwer)
stemfeer die gelofte uit jou hart onverskrokke in trane smart Here, ywer tog vir ons part merk dit diep in die hart oë ontmoet mekaar maak tog U beloftes waar in nood kant en klaar wees stil en weet Ek is daar vyande het hul kiekies verander slinkse planne geensins skrander golf op golf; brander […]
Vrede bo veldslae.
Vrede bo veldslae. Volgens die woordeboek is ʼn veldslag ʼn selfstandige naamwoord wat beteken daar vind ʼn geveg of ʼn botsing plaas tussen twee of meer leërs, gewoonlik op ʼn oop veld. Dit is egter nie al betekenis van veldslae nie. Veldslae kan ook figuurlik gesproke wees as daar verwys word na enige stryd […]
Geweld
Vrydagaand drank misbruik lont en kruit Saterdag sand stof bomme ontplof oë traan doodsreuk hang lewensloopgrawe grou wegkruip vir jou jou haat en nyd die ewige verwyte spyt lê wyd ’n slagveld net geen dood word aangemeld vermink gebreekte sielslagoffers wanhoop huil pleit seer gille ten spyt geen berou word net uitgejou Sondag wit vlag […]
vaag
die jare sit ryp op sy wange holtes verskyn waar rondheid was ouderdoms merke verskyn op sy vel die kyk in sy oë is soms nie meer skerp soms vir ‘n oomblik kyk hy verskonend asof iets gebeur wat hy kon verhoed selfs die gedagtes aan wat lewe is begin daagliks meer vervaag wedstryd nog […]
En soms is daar nie woorde nie
(Woordtelling : 400) Daar was so baie persoonlike veldslae. Party het net dekades langer as ander geneem om ten volle verstaan te word, en voordat die ou wonde kon genees. Tog, as ek nou terugkyk, het elke letsel ʼn verhaal om te vertel. Deur hierdie ondervindinge het ek geleer en gegroei. Natuurlik sou ek […]
Maak liefde, nie oorlog nie!
(Woordtelling : 399) Nee wat, op die ou einde vermag mens eintlik niks deur met ’n ander oorlog te maak nie. Op sy beste is dit net ’n verloor-verloor storie vir almal. Deur die eeue het regerings hulself soos jong kapokhaantjies opgepof en jong seuns met groot gewere na ʼn slagveld gestuur om mekaar […]
’n Klinkende oorwinning
(750 woorde) 27 Februarie 1881. Die slag van Majuba. Die oorwinning van Majuba het die einde van die eerste Vryheidsoorlog beteken, en het aanleiding gegee tot die ondertekening van die Konvensiesie van Pretoria 21 Maart 1881. Die jong Suid-Afrikaanse Republiek het so hul volksbestaan gevestig, hul selfvertroue en nasietrots gegee. Hul taal en kultuur is […]
GELOFTEDAG
GELOFTEDAG Die Slag van Bloedrivier Geloftedag is saam gevier Ons Boerevolk is almal hier Voortrekkers skote is gevuur Op 16 Desember 1838 is die belangrikste gebeure ‘n Boerevolk span die gewere en is totaal afhanklik van die Here Die Voortrekkers was bewus waar hul kragte en magte rus teenoor sestienduisend Zulu’s die groep ontmoet tot […]