Skoenmaker
Skoenmaker Skoenmaker bepaal jou by lees, sê die predeker in die kerk Hoe gaan ek dan my talente leer? alle skoene is mos nie van leer. Diep in my wese, leef ek met al die vrese, wat is my bepaalde leuse. Ryno-du Plessis
roep
oor my duin kom die geluid van die see roepend sag en soms kliphard van sagte deinende golwe wat breek tot ontstuimige watervalle van skuimende watertorings wat teen sterk wind opstaan en val so breek die golwe in my siel ook op stil strande en staan dit ook soms op teen die prikkels […]
Koue see
Koue see Snerpend koud waai die wind. Reën stort neer terwyl die branders jaag. Stukkies hout verpletter teen die klip, lê jou skuit netnou nog gebruik. Die kommer in jou oë, waarheen nou? praat harder as die huilende wind. Hier sit jy tans, Gods verlate sonder n plan, maar steeds sê jy “Hierdie noem jy […]
Ou Madala en die waterwyser
Ou Madala en die Waterwyser Die seun se seningrige lyf word groter soos wat hy oor die duine naderkom. Ou Madala skreef sy oë teen die verblindinde Noord-Kaap son. Die draadkar maak ‘n lang ry netjiese spore regoor die sandduin en lê roerloos in die windstiltes van Keimoes. Hier onder die afdak is die verstikkend warm. Dié dat […]
Wat is jóú voorgee?
Van Gholf weet ek niks – boggerol, maar ek hoor altyd hoe mense met hulle voorgee spog. Ek wonder maar net of die voorgee van die voorgee werklik is, of is dit net wat hulle wens dit moet wees? Voorgee is mos ‘pretend’ in Engels?! Die wyse Shakespeare het gesê die wêreld is die verhoog […]
Olyftak
Olyftak Sonde het ons aan mekaar gedoen, niks kon dit weer reg soen. Woorde het ons laat stoei, nou sit ek hier en knoei. Uit my hart gee ek aan jou ’n olyftak, probeer die vrede herwin. Jy bly boos en verkies die hele boom, duidelik nog vol stoom. Takkie vir takkie sal ek bring, […]
Outa
Outa Op jou rug het jy my gedra, tussen duweltjie en gebakte sand, doer ver in Kalahari land. Net nog bietjie reën moet die Vader ons mee seën. Op jou donkie kar, die kalahari koets, het ons gery, vêr oor die hele kontrei Naby die Kameeldoring by die draai was jou huisie tog so fraai, […]
Sossusvlei
Sossusvlei Jy praat sonder woorde, los die wêreld stom. Jou duine brul soos, n honger leeu. Eens n vlei gestop deur die wêreld se grootste duin, met sy bewegende stert. Steeds leer jy ons n lewens les, maak nie saak wat die lewe mag bring, daar is altyd iets om oor te sing. Ryno […]
Net nog een
Net nog een Nog net een dan is alles beter, gister vergete. Belowe dit is die laaste een, dan sal ek myself speen. Dalk een te veel, een te laat, hoe sal ek dan maak. Die vrede in die bottel, verborge eers dit wat verbrokkel. Ryno du Plessis