Waar stilte skree
Waar stilte skree Net n bietjie son, net n bietjie lag. My voete ken die pad, waar stilte skree. My wêreld het n trek geword ek kan dit nie meer keer. Waar is huis, waar is vrede, waar loop ek verby die volgende skeure. Ken jy die plek na net tevrede Deur: Ryno du Plessis
Vrou van yster
Vrou van yster lewers het hierdie lewe jou kom haal. Stukkies as is jou verhaal. Glimlag soos die son, het jy almal mee vermom. In donker skadu’s van jou hart vind jy weer n nuwe lewenspad. Jou hande staan vir niks krom, jou uithou laat ander grom. Vrou van yster, jy is uit God se […]
Janfiskaal en die Nagtegaal
het jy gehoor van die silwervloot die bekende vloot van Spanje oor my duin spring die woorde soos Janfiskaal oor sy doringdraad en gaan lê die klanke in my gemoed soos die sagte roep van die Nagtegaal © Tearlach.
Huise van glas
Huise van glas Verlate op die vlak, is wat mense jou noem. Met spykers gekap staan my huisie vas. Tuiste is wat ek jou noem, hier agter die heuwel pas. Hier agter die gebergte voel dit steeds soos huisie van glas. Die pad wat die tonge bring, raak soms n las, my sprokies huis is […]
[SILWER] – ACAPULCO
ACAPULCO Deur diep skadus van kobaltsee lê witsand wyd, en eindeloos gevee Vuurtong-vlamme in die verte flonker balhorende lag in die diepste donker *** Maanlig silwer, groot, en glans langs ritmes van vure Acapulco dans Karos se denke, diep, met liggies betrek Puerto Marques se sand op wit doek gestrek *** Heuningpot-lywe blink, gedrup ver […]
[SILWER] – DIE MAAN IS GETROU
DIE MAAN IS GETROU Jou krater kop soos kroon Helder groot! In jou majestueuse voorkoms verwonderende visioen ‘n getroueling stewig op fondasies versoen O’ Majesteit buig ons voor jou neer jou opdragte wat die see sy kafritme leer Mens het diep spoor op jou kleed getrap jou geheime prag vir veel verklap Met jou swaartekrag verset […]
in arendsklou (Brons klas)
in arendsklou (vir my ander suster) met ’n onopgesmukte saamgepersde lip in ’n rookwolk se wit walm: breek deur geskreefde troebel oë die moedige strofe… ‘ek is wie ek is sal vir altyd wees wat ek is, dis ek…’ sy skilder haar legkaartmure hoog met ’n gespalkte gewrig en aan-een-haelende kweshale goudgeel sonstrale en ’n […]
Strate van musiek
Strate van musiek Die klanke van eens veilige strate, kinders baljaar uit hul nate. My ma vra ñ koppie suiker, sy bring later weer. Note van lag, was oral te hore, vandag is daar geen meer orde selfs nie eens meer die straat naam borde. Skater lê nou aan skerwe, selfs ‘goeie dag’, ons sien […]
Kolmanskop
Kolmanskop Stilte swyg, jou strate leeg stom aanskou ek jou duine see. Jou geboue vertel nog hul verhaal, so lank behoue gespaar. Diamante was jou kroon, nou het jy geen meer loon. Hartseer, stil vertel jy ons jou storie van glorie. Ryno du Plessis