My hart was heel
My hart was heel Hitte van vuur, kom dans jy in my hart se skuur. Sagte woorde het jy gebruik, laat klink die liefde bitter duur. Reuk van rose, skielik verander na iets suur. Hitte verander in bitter koud was dit alles dan my fout. Lief jou duisend maal, verander in” jy is mal.” Met.n […]
Vlenters
Vlenters Hoe het ons hier beland? In stukke hou ek jou in my hand. Liefde het ek geken, omgee so opreg,die gevoel was eg. Vir wie het ek jou gegee, wie het jou so gebreek. Geweek in seer en bitter pyn het jy weg gekwyn. My les het ek geleer, “gee liefde,maar behou jou hart.Vir […]
Tannie van die baai
Tannie van die Baai Anderkant die kaai, by Weskus-baai sit Tant Neffie gelaai met haar rooi lipstiffie. Met ‘n snuife in die sak is sy hard gebak. ‘n Knertsie uit haar kannetjie maak sy altyd vóór ń plannetjie. “Koue sal my nie in sy kloue vang,” sê sy effe bang. Neffe haar is daar altyd […]
Tant Koba
Tant Koba Anderkant die kloof woon tant Koba, lankal reeds doof.Platsak, maar vol geloof. Met gesukkel stoei sy die gare deur die oog van ’n naald. Haar kombersie moet gestop wees voor vanaand. Anderkant die kloof leef tant Koba dalk al doof, maar sy leer ons almal iets van geloof. — Ryno du Plessis
[BRONS] – DIE EILAND WAT ONTHOU
DIE EILAND WAT ONTHOU Ek het dadelik onwelkom gevoel, maar die blikke van elke persoon het my gelees soos ‘n boek. Ek het gearriveer met ’n notaboek, ’n kamera, en die soort sekerheid wat ’n mens net het voordat jy verstaan hoe plekke werk. Die see het laag en aanhoudend teen die pilare gedreun, ’n […]
Pennies en ponde
Pennies en Ponde Met jou skrywe sal jy tog niks verrig, dit bring tog geen geld terug. Aan pennies en ponde is jy gebonde Vir jou is my woorde velore. Woorde kan geen geld koop, dit is die pad wat die lewe loop. My woorde maak my siel opgewonde, dit help iemand met wonde. Pennies […]
Gert Wynkan
Gert Wynkan “Net ñ stukkie rooi aas, dan sal ek groot visse vang” Die woorde van ou Gert Wynkan. “Groot visse kon hy vang, sonder hoek of aas” Wynkan se visse kom nooit uit, want daar was niks om aan te byt. Solank die wyn kan staan, was ou Gert Wynkan gou gedaan. Deur: Ryno […]
Dis ek jou gek
Dis ek jou gek Lyntjie vir lyntjie trek ek die regte strepies. Sê die woorde wat jy wil hoor. Bêre my eie storie, maak plek vir jou glorie. Jou trane mag nooit wys nie, daarom mag ek nooit swyg nie Die streep is getrek, ek bly jou gek. Grappies en lag is by jou my […]
Huise van glas
Huise van glas Verlate op die vlak, is wat mense jou noem. Met spykers gekap staan my huisie vas. Tuiste is wat ek jou noem, hier agter die heuwel pas. Hier agter die gebergte voel dit steeds soos huisie van glas. Die pad wat die tonge bring, raak soms n las, my sprokies huis is […]