Waar die wind my vind #silwer
Waar die wind my vind Gestroop van tak en blaar vervreemd. het ek, my identiteit, verloor. Soos herfsblare skarrel, dwarrel en val na benede. Bly lê… In ‘n stil stroompie vloei ek verder en verder verder weg van wie ek was. My gewoontes, my taal, my kos, my tyd. Alles anders… Die reën is koud, […]
Waar woorde rus.
Waar woorde rus Harde woorde in my kop, raak stil in my pen, kom vind rus, hier op papier. Woorde kom by, ñ sin word voltooi, stilte begin raak mooi. Verse vloei, ek raak geboei aan hierdie woorde wat groei. My pen gaan, lê die woorde staan op. Met nuwe stem praat woorde nou in […]
Stilte skree #silwer
Stilte skree Sy staar die donker in klaasvakie het elders sy sand gestrooi gloeiwurms speel parte met haar oë suisende sonbesies skree in haar ore as swartnag in die kamer hang. Pyn wil nie sy lêplek kry nie en soek ‘n onbewaakte holte om wegkruipertjie te speel. Sy hou haar asem op haar gô is […]
Die laaste uur
Brons Die laaste uur Jy mag sieklik wees of oud, die einde sien wink of jy mag jonk wees en energiek, dood nie iets waaraan jy dink. Môre is nie belowe en so ook nie vandag. Die doodsengel kan jy enige oomblik verwag. Hy vra nie vrae, berei jou nie voor, die geveg met hom […]
Die sand onthou elke voetspoor – Die wind besluit wat bly.
Pieter sit langs Buks Appelblaar by sy vuurtjie, omring deur die nostalgie van die uitgestrekte rooi duine van die Kalahariwoestyn. Buks Appelblaar en sy mense woon aan die rand van die Kalahariwoestyn, waar die duine soos reuse sandgolwe lê, versteen in tyd. Die wêreld hier is wyd, vreedsaam en stil, maar dit is ’n ander […]
kort
op die hakke van tagtig speel die golwe steeds so pragtig elke beweging so eindeloos bring sy eie toonhoogte duineveld se droë mooi speel ketos in my baai se rooi elke stertslag ‘n donderslag wat wyd weerklink kort op my duin se bestaan lê die skulpe in roes en vergaan seedierlyke […]
Sy was Valentyn
Sy was Valentyn Jare vliegverby, Rosa ontmoet haar Valentyn. kort voor lank was sy Mevrou van Blomenstein. Saam plant hul aan hul mooie tuin, die dae toe liefde nog kon rym. Die dag van rus breek aan vir Valentyn, wat ñ hartseer dag vir Mevrou van Blomenstein. Vandag sit sy steeds op hul pad buite […]
Sy naam was Valentyn
Sy naam was Valentyn Valentyn van Blomenstein, woon doer vêr buite Grootfontein. ñ Roos moes sy kon kry, elke dag van Valentyn. Liefde uit sy eie tuin. Verwonderend ontvang Rosa haar rooi rose, sonder naam of gesig om haar dank te kan betuig. Geur van liefde kon sy ruik, maar die gewer was altyd buite […]