Geduld van skottelgoed
Geduld van skottelgoed Kombuis silwerskoon, blink soos n goue kroon. Verlore kakkerlak draai om in sy spoor, niks meer vir sy magie oor. Vroeg begin die dag, wakker geword met nuwe moed en krag. Lepel in die laai kom maak sy draai, koppie in die kas, kom staan ook vas. Voor die haan drie keer […]
Die son se blom
Gesiggie na bo gedraai, groei jy tog so fraai. In wind en reën, bly jy staande op een been. Van geloof en genade leer jy ons, te glo dat die skepper wel sal sorg. Altyd met jou kop na bo gedraai, maak nie saak oor die wind wat waai. Blom van die son, leer my […]
Tronk in my kop
Tronk in my kop Swaar ysterhek klap toe,die vonnis is lewenslank. Spoke van gister het hul genadelose klag kom lé. Stemme raak ontelbaar, die mure gebou van staal. Uitkoms is daar nie, slegs die hoekie tussen die spoke van gister. Hier in my kop se tronk. Ryno du Plessis
Namib kombersie
Namib kombersie Die geluid van klik-klak van treine,stastie tot stasie vol bagasie het gegly oor jou eens yster stawe. Vandag lê jy half begrawe onder die Namib kombersie Ryno du plessis
Staal van klei
Staal van klei Hart van staal is hoe mense jou ken, houe tref van alle kante, staande het jy gebly Min het geweet, n hart van klei, nat van trane in die storm. Winde het gewaai, niemand kon dit raai. Stukkies klei het veränder terug na grys stof van die aarde. Ryno du Plessis
Weelde se bedel
Weelde se bedel Die smaak van geld het ek geproe, die lewe van weelde het ek geken. Hoër as my vlerkspan het ek gevlieg.Groter as God het ek gekies. Vandag smeek ek, net n broodjie en genade liewe Heer,my foute is buite beheer. Ryno du Plessis
Lig van môre
Lig van more, waar is jou tuiste? Wanneer kom groet jy weer? Gister Se donker het kom intrek maak.Hoop het opgepak, lag het verdwyn.kommer loop deur die strate.. Tot jou koms, sal ek dans in die wind, musiek maak tot jy my kan hoor, Bring tog net ñ bietjie strale saam wanneer jy weer sou […]