DIE TAAL WAT KAALVOET PRAAT -’n Verhaal oor die woorde wat nie geskryf kan word nie –
Hoe lees die ou Boesmangesegde nou weer? “Wie kaalvoet loop, hoor die grond se gebed. Die stilte hou die woorde wat geen mens kan skryf nie en ’n kaalvoet trap spore wat die wind nie kan uitvee nie … ” Binne die Boesman-denke is die taal wat kaalvoet praat nie vasgevang in ink op papier […]
fleur
botterblommetjie skyn jou bottergeel kelkblare en stempel vol van heuning in ligte seebriesie word jy geil vertoon reuk versprei wyd oor my dorre duin uit groen blomstengels groei jou fleur ontluikende sonstrale van lig en kleur selfs ou skilpadjie vind jou aangenaam hy peusel aan jou geel blare en steun ver […]
“DIE AARDE HET GELUISTER – DIE MAANVROU HET HAAR TRANE GEGEE.”
In die Kalahari, waar die wind stories oor die duine fluister en die sterre soos skitterende vuurvliegies aan die pikswart fluweel-karos van die naghemel hang, sit Pieter langs sy ou Boesmanvriend, Buks Appelblaar. Buks se gesig blink soos gelooide leer in die maanlig, en die vlamme van die vuur dans in sy oë. “Hoor jy […]
Juandre
Juandre (Brons) 1330 woorde Juandre pak die laaste paar stukkies van sy aardse besittings in ‘n tas wat hy by die kinderhuis gekry het. Ook die toksak het hy by die kinderhuis gekry. Dan plaas hy al sy bagasie op sy bed voor hy al die kantoorpersoneel wat hy die afgelope ses jaar baie goed […]
Wyn en sonskyn
Jy ruik, sien, proe, hoor dit. Jou sintuie het ontwaak, want dis die eerste dag van Oktober. Die lug is blouer as gister en al het jy twee weke gelede huis skoon gemaak, ruik jou skoenuitskopplek vars en lekker. Jy hoor die voëltjies vrolik tjirp en jou koffie hier op die stoep proe lekkerder. Omdat […]
Die Kaap is eg Afrikaans (Afrikaapse gedig)
My bra ko ghaai saam os hier ini Kaap kos wyn lekka jol en kakpraat tot os slaap as die Bloubulle die Wee Pee soemaa so trap op Nuweland inni stryd om die Kerriecup kry vir djou ‘n bokomtjie saam djou wyntjie of somma ‘n bunny chow met ‘n warm kerrietjie lekka Kaapse snoekkop by […]
Die Tegnologiese Goliat
LED-lig blou sy oë blink-verhewe in glans agter glas wasem sy asem flikkerende algoritmes kodeer sy hart klop skommel die God-geordende ‘pixels’ van die heelal met voortdurende F-stop en sluiterspoed verstellings wat die etiese-ordepatrone van die mens se moraliteit aanval sakpas GPS-ruitverwysings plot die mens gekodeer binne digitaal-kliniese ‘servers’ en ‘WI-FI’-seine skommel die lug ons […]