Jongste aktiwiteit:

ProjekteJanuarie 2021 – Verwagting/e-projek(Bladsy 2)

Beste INKers

`n Voorspoedige nuwe jaar vir een en elkeen van julle. Mag drome waar word, beursies vol wees, take afgehandel kom en mag elkeen liefde en vreugde vind en ervaar.

Aan die begin van `n nuwe jaar strek die moontlikhede groot voor ons uit. Hierdie maand is die “zoemwoord” “verwagting/e”

DIGTERS:
1. Skryf `n gedig in jou gunsteling vorm.
2. Die onderwerp is verwagting/e
3. Die woord mag NIE as `n enkeltitel gebruik word nie.
4. Geen verdere voorskrifte nie.

GORRELS:
Skryf oor gemoed aangaande verwagtinge.

ARTIKELS:
Gebruik die onderwerp en skryf `n feitgebaseerde artikel.

RUBRIEKE:
Behandel die onderwerp.

VERHALE:
Skryf `n vonkverhaal in minder as 400 woorde oor die onderwerp.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Die tafel staan gedek skarlakenrooi tafeldoek met ‘n witkant oorhangsel swart kerse weerskante toonkleurige lapservette en silwer messegoed netjies langs die borde op die plekmatjies gepak gebakte skaapboud, stomende aartappels ‘n driemaal slaai en ander opgedisde geregte sy sit aan kyk na die muurklok vat solank ‘n slukkie wyn en wag vir die laaste maal […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed