Jongste aktiwiteit:

ProjekteMei 2021 – OOP projek(Bladsy 3)

Beste INKers

Ek wil graag die geleentheid gebruik om vir elkeen van julle, wat getrou aan die projekte deelneem, dankie te sê. Met elke bydrae verbreed jy die veerkragtigheid van Afrikaans; met elke woord, sin en snede blaas jy asem in die longe van INK. Jou harde werk gaan nie ongesiens verby nie. Dankie.

Mei maand lei weer vir ons `n ope rondte in.

Alle afdelings:
1. Daar is geen voorskrifte nie.
2. Geen vasgestelde tema nie.
3. Ek wil tog almal aanmoedig om nuwe woorde en idees te ondersoek.
4. Proeflees jou werk vóór jy plaas.

Sterkte, en geniet elke oomblik om in Afrikaans te skryf.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Lewensvreugde kan gekoppel word aan baie dinge in die lewe – soos daardie eerste aromatiese koppie koffie in die oggend; daardie smelt-op-die-tong sjokolade wat jy op spesiale dae kry; daardie onverwagse drukkie van jou man of kinders wat sê: “Ek’s lief vir jou!”; daardie genotvolle uit-die-maag saamlag oor jou kleinkinders se manewales. Maar vandag wil […]

Strooihalm’vingers streel sag oor my hart die sneeuwit’wolke hang laag in die lug teen die huis se muur tik die horlosie se wysers stadig om elke koue uur Die herinneringe van die jare voel soos krummels in my hande vir ‘n oomblik voel ek weer die onthou wat soos stippels skaduwees, die verlange omvou Wolf-pluk […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed