Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Minjonet

Deur Wendy Leigh
Datum gepubliseer: 1 Desember 2021 Aantal woorde: 104 159 Kere gelees 4

Minjonet

Kom in die aand en geniet die bos se geure
soos ‘n naakfiguur met sy nagtelike gebeure
tussen Nangka takke vol vrugte van blydskap
drink ons met oëtaal van verliefdes aan mekaar se vonkelsap

elke geluid neurie ‘n boodskap van die alwetende God
nuanse van kleure in skemersongenot

tussen-deur versnappering

skink blye verrassing

bederf met ‘n goue trouring

die ja-woord wat eggo teen ‘n
na-klankkoers
twee siele oorstelp in die wete hulle moes
‘n roman tussen liggies van vreugde
skitter in die stille wete
‘n minjonet van geure
onder die spandoek van nagtelike gebeure

twee verbind met ‘n sprokiemooi hede

©️Wendy Leigh




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    1 Desember 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 27
Kommentaar telling: 20

Wendy Leigh skryf graag onder haar skrywersnaam en skryf sy al vandat sy kan onthou. Sy het egter eers aktief begin skryf sowat 3 jaar gelede en in haar opinie is dit te danke aan die pad wat sy moes stap. Skryf bied haar die vryheid om haarself passievol uit te druk en dien dit terselfdertyd as terapie wanneer sy uiting gee aan haar emosies. Persoonlike ervarings sowel as haar verbeeldingsweë dien as die dryfveer wat haar die vermoë bied om woorde moeiteloos neer te pen. Sy is gaande oor die Afrikaanse taal en streef sy daarna om meer en meer daarvan soos 'n spons in te trek om uiteindelik al haar skrywersdrome 'n werklikheid te maak. Haar hoop is volbring as haar skrywe ander inspireer of bemoedig op welke wyse moontlik.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 128 gaste aanlyn

Bydraes – Argief