Danel (3 Jaar)
My Nienie my liefie my groot-oog meisiekind. Met elke dag wat verbygaan is jy besig om my te help om die waarde van leef te vind. Ek glimlag wanneer ek na jou kyk (en selfs as ek met jour raas) want jy is soos jou mamma al is daar gesê jy gaan nie wees nie. […]
Jou geskenk …
ek het baie lank gedink oor die geskenk wat ek vir jou wil kry soos ‘n toffie het ek daaraan gekou want dit moet langdurig jou hart verbly ek het oor rooi papier en hartjies oraloor gedink en kersligetes en ‘n poeding en sjampanje wat in glase blink maar toe neem ek ‘n besluit glad […]
Ek skryf (weer) vir jou (3) …
ek was vandag by die strand gewees gaan kyk hoe branders spoel ek het weer daar jou woorde gehoor “ons is vir mekaar bedoel” ek wou gaan kyk of ek nog jou naam daar in die seesand kry maar die golwe het dit weggespoel getekende hartjie wat sê jy’s lief vir my ek wou nog […]
Ek skryf (weer) vir jou (2) …
wanneer die vroegaand skemer oor die Sondag kom hang dis die tyd wanneer ek altyd die meeste na jou verlang dit was die tyd wanneer ons stil net saam sou wees as jy lê met toe oë en ek gedigte vir jou lees en as die donker dan die skemer oorval sou ek jou sagkens […]
Ek skryf vir jou (1) …
môre is weer Valentynsdag en alles word in rooi getooi maar in my hart het die lewe ‘n emmer swart verf kom gooi want jy is nie by my nie en ek moet alleen voor Kupid staan en wat weet hy nou eintlik van hierdie gevoel sonder naam want ons kan nie saam wees nie […]
Ek mis jou (net soms)
My duim het die gewoonte om oor my ringvinger te streel onder aan die binnekant van my hand en my hart het die gewoonte om dan soms verras verbaas uitgeboul half hartseer te voel omdat dit nou kaal is … soms soos vandag jare later. © Anria (2016/02/03)
Uit die oog, uit die hart?
tussen brief vergeeld en lem geroes waar geen son of ster of maan ooit weer die duister sal verlig nie dig nog net haar sagbruin oë stil – deur glas en stof – sy naam © C. Shaw 16 Februarie
Die storie van my.
Ek het diamante in my hare en blomme in my oë. Daar is sterre in my lag … maar (ek dink) hulle het vergeet hoe om te blink. Daar is musiek in my loop, ’n gedig in my stem en die storie van my verlede kan gelees word op my vel. Daar is hoop in […]
Net jou hand …
die see is rof-onstuimig soos die storm in my hart die seevoëls raas aspris met skril stemme wat my tart ek het jou gemis vanaand die see was sommer grou die branders ken ‘n nuwe lied ons het dit saam geskryf vir jou ek wou die boodskap by jou kry die golwe moes dit leer […]
Ek het vandag …
Ek het vandag vir jou …. ‘n ry spore in die seesand gestap Elke spoor het gesë … jy woon hier in my hart