Sinlik belustig (goud)
Met haar drome nog styf teen sy hart vasgemeer het sy nardusolie aan sy voete kom smeer plaksels van sy siel het een-een afgedop gister se newels het om hul stof opgeskop sy asem het wild-warm in haar nek geblaas ‘n hele wye wêreld het in haar kop begin geraas helder in haar eensaamheid het […]
Besoedeling (goud)
Wat kan ek doen om dit te stop wat maak ek met die seer van die aarde en ander se harte wat kan ek sê wat voldoende sal wees iets sonder die verkragting van gaia, mens en dier iets wat alles en almal kan red want ons verwoes mekaar. Wat maak ek met hierdie pyn […]
Net in droomland
Net in droomland Wanneer die son sy vere duvet oor sy kop trek en die maan soos ‘n silver lugballon lui-lui teen asemrowende indigo verby beweeg Wanneer neonligte verdoof en duisend spikkels blink in die hemelruim spog Wanneer die paddakoor lostrek deur kriek se vlerk viool begelei raak jou ooglede swaar en jou asemhaling reëlmatig […]
Hoe diep die vreugde
Hoe Diep die Vreugde Die skok tref hom soos ʼn vuishou op die hart, ‘Rastor Battle, ʼn baie jong Rastor Battle’, flits dit deur hom, maar dit kan nie wees nie, dit weet hy. Hy sien dit asof in stadige aksie, die oopswaai van die luukse motordeur, die pragtige hakskoene met die perfekte enkels en […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 22
Hoofstuk 22 – Hoe diep die vreugde Hulle ry na ʼn laaste oggend koffie saam met haar mense by die kombuistafel. Die aanvaarding is in almal, Zuluika het nou ʼn ander pad om te loop, ʼn ander geluk om te gaan vind, en hulle is bly vir haar en Cordier. Lize wag vir hulle by […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 4
Hoofstuk 4 – Wêreld Sonder Geheue Zuluika gaan deur die ure van die lang vlug met verligting, elke uur is ʼn uur verder weg van die verlede, en nader aan die moontlikheid om weer nuut te begin. Sy lees nie, sy kyk nie televisie nie, haar gedagtes loop lang paaie, seer paaie, maar ook vreugdevolle […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 12
Hoofstuk 12 — Môre en Elke Dag Daarna Dit is na agt in die aand toe Matthew die ligte teen die berg sien aankom waar hy op die stoep sit. Hy voel hoe sy hart versnel en met die hoop en vertroue dat dit Laurie is, stap hy oor die grasperk die voertuig tegemoet. Laurie […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 11
Hoofstuk 11 — Van Gister na Vandag Dit is die agtiende Desember, agtuur in die oggend as Laurie deurstap na die paspoort beheer by Oliver Tambo Lughawe. Met die instap in die saal is die beampte by haar — “Dokter Kilber volg my asseblief, ek gaan u bystaan deur die proses.” Hy neem haar aan […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 10
Hoofstuk 10 — So Diep die Pyn Matthew voel hoe teleurstelling oor hom spoel, twee ure na die onderhoud afgehandel is en Laurie het nie gebel nie — Ag Here asseblief help my. “Wanneer kom mamma, pappa?” kom dit van Christopher. “Weet nie seun, ek weet nie.” Een gedagte gaan deur Matthew se gedagtes — […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 9
Hoofstuk 9 — Van Aangesig tot Aangesig So ontroosbaar as wat Laurie die ure na Matthew se oproep was, so sterk is sy as sy deur die doeane op Heathrow beweeg. Niks, maar niks sal haar keer nie, dit weet sy, nie eers die stadige proses of die land se koue nie. Die waarheid moet […]