Ek dink ek het my musiek verloor (nie my dans nie)
Ek soek stilte ek soek alleen wees. Ek is nie eensaam nie ek soek net stilte. Ek soek vrede sonder mense stilte met net die natuur se geluide. Boude en boobs is al waaroor mense deesdae sing en hul musiek is net klanke sonder gevoel. Gee my meaning gee my guts gee my hoendervleis gee […]
ALLETTA BOONZAAIER HOOFSTUK 3
“Ek is eintlik n plaasmeisie Melt, daar van Jansenville se wêreld waar my ouers met Angoras en skape geboer het. Soos jy my vanoggend vertel het hoe jy sorgeloos en gelukkig groot geword het kan ek dieselfde sê van my jongmeisie dae op die plaas. Saam met my ouer broer was ons gelukkig en het […]
Uit die oog, uit die hart?
tussen brief vergeeld en lem geroes waar geen son of ster of maan ooit weer die duister sal verlig nie dig nog net haar sagbruin oë stil – deur glas en stof – sy naam © C. Shaw 16 Februarie
Ek sou jou kon liefhê
Ek sou jou kon liefhê Ek sou jou kon liefhê was jou voetspore witter en die dou op jou hande het nie bloedrooi geskitter Ek sou jou kon liefhê was jou woord maar jou eer nou sweef dit dof, doelloos tussen alma mater leuens in die ver buitenste sfeer Ek sou jou kon liefhê was […]
LAASTE LAG
‘n Slot wat knars ‘n skoot wat bars ‘n halfmas vlag en laaste lag die dood ‘n Reënboog rank ‘n leë bed ‘n ope graf en laaste lag die dood ‘n Leë krip ‘n oes verbrand ‘n man word groot en laaste lag die dood
Sterre hang nie net in die donker hemel nie
ek stap laatdag oor ‘n Weskus-strand oor ontelbaar klein klein korreltjies sand en ek voel die grofheid van die skulpgruis (hoe dit skuur en krap) oral waar ek kaalvoet trap en ek hoor die dofluid dreuning (dis die breking van die branders) en die donderende !klap! van water teen ‘n rots ek proe die […]
TYD
Sand dros uit die gebreukte uurglas sluipvoet uit en vorm strepe korrels op my lewens padkaart terwyl die dou dans in die nag se kammagat gedagtes Die uurglas verstik verstop en kielie tyd om aan te stap gejaag deur die son se voorslag Die son kom bloei sy goue gulde op my voorstoep uit en […]
ALETTA BOONZAAIER HOOFSTUK 2
Ek is vroeg oggend wakker en besluit ek om bietjie op die strand te gaan stap. Ek het n gunstelingplekkie op die strand en ek is net betyds om die son oor die horison te sien kop uitsteek en deur die wolke op die horison te sien breek. Die opkomende son se strale tooi die […]
‘n baie koel Februarie
van nou af oor ‘n maand teen hierdie tyd van die aand sal dit skemer wees . . . ek weet die son sal nog effe agter Tagelberg gloei en ek sal verstom wees oor die kleur van ‘n hemel wat so bloedloos kan bloei die populiere se blare sal nouliks nog hang en […]
SHOWVILLE
dis Showville in Bethulie en die hele dorp is daar op stoele netjies uitgepak – in rye – langs mekaar daar’s ‘n poet en ‘n sanger en drie rappers wat moet spook want die vyfman wat pantsula dans die houtvloer aan die rook maar buite in die kampkerkhof tussen graf van kind en vrou […]