Tyd verstreke
Hy bewe en huil, hy soek na ‘n liefde wat by hom sal bly tot die bittereinde, die antwoorde en gevoelens ontwyk terwyl sy tyd besig is om te verstryk. Vasgevang in ‘n greep van ewige stilte bedink hy lewe, verstreke en vergete, en die vrae word al meer, al moeiliker, die stilte word al […]
God se lappie grond
Vrygewig soos ’n geil stuk grond, spruit lewe uit haar, voorsien en deel sy uit sonder perke. Soms deurgetrap en verlep onder ’n ongenaakbare son, verduur sy dikwels ’n somber lot gedwee. Geduldig en nederig soos ’n lappie grond wag sy gelowig dat Sy genade op haar neer reën, sodat sy weer begeesterd aan ander […]
Blou koevert
Toegevou en eenkant geplaas, en omhul met ‘n mistieke aura bring dit die onbekende nader, geheime dra dit met hom saam. Dit roep vreemde gevoelens op waar dit wag om gelees te word, verborge, toegeplak, versteek tussen die lyne is ‘n boodskap. Daardie geheimsinnige koevert is nie gevul met leë woorde nie, want die posstempel […]
3401 KOM BETHLEHEM TOE
Koos Lourens is glad nie lekker toe hy die oggend in Bloemfontein loko aanteken vir die huis toe rit met trein 71 nie. Die hartseer oor die afskeid van sy geliefde 2878 lê nog vlak in hom. Nadat hy aangeteken het stap hy met sy blik oor loods toe en voel hy sommer hoe sy […]
Dié eensame vrou
Soos die son sy sak, sak en die nag weer sy gesig kom wys. Kan ons vashou aan ‘n belofte, die een waarvan Dawid in Psalm 23 praat, want Hy is tog dan ons Herder, wat ons elke dag en nag beskerm. ‘n Klomp duiwe kom dan gelyk af aarde toe gevlieg, van vêr doer […]
Visvanger
ek sien jou sit in neonligkantore en staar deur ruite die uitsig is so vaal maar jy hoor steeds die stormreën en donder en op die dak die gekletter van die hael jy neem jou vlug oor hemelhoë geboue oor vuil teerstrate en bruê van beton tot waar die son skyn oor somervelde en […]
DIE KAROO
DIE KAROO deur beaufort wes het ek geloop met my koffer wat squek sqeuk maak en my transistor in my ander hand op pad na oudshoorn se army kamp want ek moet daarnatoe om te rapporteer vir peleton bevelvoerder kursus by die infanterieskool gelukkig kry ek n lift uit die dorp tot by die afdraaipad […]
MY TWEEDE SEUN
GEBOORTE dit is net voor ek ingaan om my tweede kind te kry ek voel gespanne en woorde kom uit my mond uit wat ek nie wou se nie ek voel so alleen al is almal daar my ma my man my eerste kind sal hul ooit verstaan wat in my kop aangaan hulle se […]
AFSKEID VAN N STAATMAKER
Koos Lourens stap stadig na die lokoloods in Bethlehem toe nadat hy aangeteken het vir trein 72 Bloemfontein toe. Vir n paar oomblikke gaan staan hy voor die lokoloods om die toneel voor hom in te drink. Blasend in sissend staan die lokomotiewe soos jong resiesperde, reg om weg te spring. Met haar blink lyf […]
Die pers in my blou se verlang
Die nostalgie van die noodlot skilder beelde oor gister en wasem hier voor my teen die ruit op die stad se liggies flikker dof pers-blou soos my gemoed hoekom moes jy so skielik groet ek mis die reuk van kampvure en kitaar snare en die lag van jou hart jou soete reuk my gesmeek die […]