Goue Waterlelies
Juliette sit haar tas in die spaarkamer neer en gaan lê op die bed. Die rit hierheen het haar twee ure geneem. Sy voel gedaan en haar kop is baie seer. Dit is so rustig hier langs die dam. Sy maak haar oë toe en luister na die voëlgeluide buite. Sy is verlore in haar […]
Heilige ibis
Heilige ibis* Die son kom op net waar sy wil en wys haar mooiste kleure oor Blue Downs* en Driftsands* se duine. Sy strooi haar gloed oor wilde tuine wat weinig meer as sand en boegoe is. Sy steek haar kop deur rook en mis en vly haar skoonste lig oor roet en as – […]
Tanka 2
(goud) immer edeltin en bruis die oseane, baar kraakvars branders wat die nuwe dae groet – soutwater word vonkelwyn © Carma Shaw 28 Januarie 2019 4:52
weer teen fracking 2019 (Tanka) (Silwer)
perkamentbarste verpoeier die bar Karoo ’n boorpunt klief rots en water spuit genade – vars fontein van trane, hoop © Charleine Collins 28 Januarie 2019 Foto: Rocco Erasmus (wateraanwyser – Graaff-Reinet) © Januarie 2019
Nuwejaars Tanka
nuwe jaar baljaar sweef met genade skoonheid van vurige blaar drifting dansend deur die wind ontvlam hoop gloeiend vuurwarm ©Jessica Venter 26/1/2019
Tanka – 3
ontwortel my stem uit dié brakland se boesem, verwoord my drome teen ‘n hemelkroon van glas – dat ek opnuut wéér kan sien ©Erika Viljoen (Silwer) Prent: Cyril Rolando
roepstem
stemmetjie kom van ver daar waar mooi nog mooi was en strooi nog strooi was klanke vibreer in my ore soos geklank van trompette vroeg soos oggend basuin telkens verras dit my nog met oorspronklike oer-klank wat terugvoer na verlede klanke reeds lankal vergete maar steeds weergalmend herinner aan musiek van ‘n jong hart musiek […]
Tanka – 2
‘n Nagtegaal sing tula-tula mymering wat syg deur die nag tot opgewekte voorspraak vir die nuwe jaar se koms (c) Erika (Silwer)