REUSE UURGLAS
REUSE UURGLAS Reuse uurglas ek staar regdeur die uurglas die land se kragreus raak nou leeg hy loop nou drasties dolleeg soos sand loop die rand uit die land uit ekonomie moet saam raadsbesluit Suid Afrika se kragstasies is almal uit verbruikers betaal alreeds vooruit waar gaan hierdie werêld heen daar is geen geld om […]
TYD
Tyd sand korrel korrel deur die nou poort van die uurglas hoop drup drup deur die buis tot in my liggaam vrees murmel prewel woord vir woord word ‘n bang gebed net ‘n onseker poging om tyd uit te koop tyd saam met jou tyd saam met ons kinders sal ek oorleef? of sal ek […]
Mag daar altyd seevoëls wees
Mag daar altyd seevoëls wees ek skryf vir jou ’n malgas teen Lambertsbaai se blou lug vas – ’n omdraaivoël wat huis toe kom na ’n lang dag oor die see ek sweef meeue en sterretjies en ’n kaapse kormoraan; ek vlug vir jou ’n albatros wat oor stormwaters baan en as jou somerson vertrek […]
Ons behoort (2)
Ons behoort aan Afrika soos aasvoëls sweef oor Potbergkranse soos pienk flaminke in ’n strandmeer wat haar lofprys met hul danse; soos ’n singvalk op ’n doringboom soos reiers aan ’n vlei se soom …en soos die eende op haar waterwieg. Ons behoort aan Afrika soos wat duiwe deur haar bloutes vlieg. © Carma Shaw […]
Ons behoort (1)
Ons behoort aan Afrika soos suikerbos en kremetart soos haar aalwyn wat oranje en ’n huilboom in haar smart; soos ’n wildevy wat deur rotse skeur namakwablomme wat die winter kleur …en soos graspluime aan die wind. Ons behoort aan Afrika soos sade wat ’n rusplek vind. © Carma Shaw 7 Februarie 2019 1:31
Vlerke van geloof
Vlerke van geloof Soms is dit donker nag sonder lig, sonder krag geen uitkoms te gewaar hoe hard jy ook al staar. Soms is dit donker nag maar dan moet jy bly wag ʼn antwoord sal jy vind want jy is God se kind. Soms is dit donker nag maar wag … dit word weer […]
Perfek ek
Deur jou oë versplinter my wereld in duisend gebreekte stukkies, lê my lewe in die stof. deur jou oë buig my rug krom, beur die laste en kommer soos twee wateremmers my skouers buffelskof. deur jou oë het ek my trots verloor, is ek net nog ‘n nommer verlore op ‘n stormsee. ek wil so […]