Op reis: Beplanning
Oor 8 slapies pak ek my kar. Ek alleen. Dan sal ek agter die stuur inklim en die sleutel draai. Die enjin sal aangaan met sy gewone brul. Die “rat” sal gemaklik van “P” na “R” gly (ja, ek ry ’n outomatiese kar, moenie my judge nie) en dan sal die wiele draai. Ek weet […]
God maak nie foute nie.
Die afgelope paar dae was ek hartseer, seer en verward. Ek het al agtergekom dat dit is hoe ek voel wanneer ek myself in twyfel trek en die vertroue wat ek in myself het verloor. Gevolglik wil ’n mens dan groter beheer uitoefen —oor die situasies waarin jy jouself bevind én die mense om jou. […]
Aswoensdag
Lydenstyd 2018 Aswoensdag Met die terugstap voel-voel ek aan die askruis teen my voorkop en my oog gly deur die somber lug tot waar die rivier se kronkels wegraak in die son se laaste lig Moreoggend, weet ek, sal die mis weer optrek en die rivierloop duidelik uitkarteer Ek sal dit volg, soos Virgilius, wat […]
Verlossing
Verlossing Die aarde is my kern. Uit stof het ek gekom, tot stof sal ek terugkeer. Eendag, as ek my kan losskeur uit die vasknellende aardetentakels en mense-opinies wat my verstrengel, meesleur, af, die duister in. In die tussentyd beur ek slepend voort, terwyl versoekings daagliks versperrings voor my voete slinger. Ek worstel met die […]
As
Bewondering verander in afsku; gesprekke draai om verwyte; ‘n groet klink soos ‘n vloek; stiltes verbreek word met sinnelose woordherhaling; skouerskuur al aanraking is en jou hart soos ‘n klip sak na die bodem van niks voel. Dan roep die weerkaatsing van geluk op die oppervlak van ‘n donker, diep see en eskaleer lig in […]
My allerliefste…
liefsteling, skenk, ja stuur daagliks vir my troos; met ‘n boodskap van mirre uit die dieptes van jou binnekant en sein jou bekoring in safraangeel koring, kom stuur jou boodskap aan my in rooi (so helder soos die son) en hanteer my teersag soos ‘n Noagsduif omhels my met die groen van ‘n olyfblaar en; […]
Môre se pad
As ek my môres kon mooimaak in nou se hart sou ek eers wag tot ons dryfsand stilraak in die uurglas; sodat ek net een heel korrel van daardie aand kan verewig voordat jou halfsirkels my toegroei en ek vergete in jou verlorenheid val ek sou tyd nie toelaat om leeg te loop oor my […]
Korrels
Die oppervlak van hierdie uur het binne haar oopgebars en alles wat in haar rondgedryf het, het na buite gespoel haar lag, haar leed, haar liefde, sewe trane en ‘n halwe hart (jy was ook daar) met koue vingers het sy die flenters op ‘n hoop geskraap een-vir-een die skerwe deur die sandglas se mond […]
Sorry nê
“Jy staan nou op jou knieë en smeek vir ʼn pakslae”. As jy nie hierdie woorde gehoor het as kind nie, was jy óf stroopsoet óf jou ouers het nie Afrikaans gepraat nie óf jy is na 1994 gebore toe mense, diere en kinders almal regte gekry het. Ek het nie baie hierdie woorde gehoor […]