Op reis: Die ander dae; George (al die pad)
Die dag na die KKNK was ons rustig. Om jouself soos ’n student te gedra is opwindend en lekker maar in jou 30’s is verlore slaap en baie wyn iets wat jou na ’n rukkie beginne inhaal. My sloertoer het verander in ’n vashaak in George (en ’n een-dag-terug-tog huis toe). Die res van my […]
Vryheid van sang
as sy nie mag vlieg nie, laat haar sing knip haar vlerke as jy wil of stel die grense geografies (maak die berge hemelhoog) of bou ‘n kou om haar uit stok of staal maar doof tog nooit haar stem nie laat haar lied hoër as die wolke styg en oor alle velde daal as […]
Binnevlug
Alleen by die huis winter somer eensaam in die donker gange vol vrees wat nagklanke herstil in die donker gange waar alles verdwyn in die donker gange met diknag kloue buite myself (met bloed op my hande en vuiste gebal) stap ek na môre stap ek verby gister stap ek ver weg deur velde vol […]
my baadjie jou jas
my stap vroegmore op die strand hou dop hoe ligte een vir een aangaan mense ontwaak hoe die dag strepie vir strepie oor die berg kom in goud skree more more hier kom die son n nuwe dag n voorreg om lig te sien terwyl jy die water en die meeue hoor die luggie is […]
Sirkels
party dinge is net sonder begin of end nimmereindigend waar dit ophou het dit reeds weer begin ons stap langs die golwe sononder in bewonder die sirkel die dag wat eindig en nag wat begin n foto wys hoe mooi dis net hier wat jy weer onthou waar lankal se voel weer nuut begin en […]
Op reis: Dag2; Beaufort-Wes
Vandag was lank. Alhoewel die rit minder uitputtend was, is ek vanaand teen die teer —wou selfs al omkap toe ek in die restaurant gesit en smul het aan my lam, slaai en rooiwyn. Dit is die tweede hoofete in ’n ry wat ek ‘n gedeelte van ‘n skaap verorber … ek sal weer môre […]
Gesprek met God
ek sit op die muur om stil te word om na aan natuur te voel om die see te sien die sout op my tong te proe laat die gety oor gebeur en leef kan spoel hier waar werk toe se blou vervang is met grys die skepping het nou n beton randjie om mure […]
Sprokieloos
(goud) Sprokieloos rook en roet van vuur gaan nooit verby nie dis newels vasgevang onder hierdie sterrelose hemel waar reenboë nooit meer hang al kyk ons goed dis nêrens te vind (’n sprokie geketting in die hart van ’n kind) oë word dof en die duister verblind as ons reënboë ontbind ons volg elke nag […]
Op reis: Dag 1; Boshof
Die eerste aand was lekker. Whiskey in die voortuin … later skaapboud en rooiwyn met groente en aartappels (behalwe niemand het aartappels geëet nie want my boude raak dik daarvan). Die kuier was lekker. Gevul met geskiedenis, vandag se gebeure en voorspellings. Tussendeur maak hulle kind groot en ek gee raad. Ek hoop dit is […]
Op reis: Gepak
Op reis: Gepak My tas is gepak. My kosblik ook. Met ’n paar bottels wyn, crackers en grondboontjiebotter. En ’n paar perkses wat ek perongeluk op die winkel se yskasrak gesien het. Môre vat ek die pad. Dit is nie die eerste keer dat ek in my kar klim en so ver ry nie. Dit […]