My wense vir jou
Mag my liefde en ontferming vir jou, op jou groei. Mag die wag van my hart se klop vir jou oor die myle tussen mekaar, jou roep. Mag jy in wit voor my kom staan, en mag die idee van vreugde en lag van ons kinders jou aansporing gee. kom terug my lief… Kom terug. […]
Leeg
Die reuk van koffie maak my oë oop. Ek draai om en sien die leemte langs my, jou kussing het tekens van die nag se rus. My ore luister en ek hoor jy stort, tradisies waarna ek so verlang. ‘n halwe lepel suiker, geroer met liefde. Haar handoek bedek die portret geskulder in skoonheid. Drom […]
God gee om
Mossie mossie, voëltjie kind met jou skerp gepunte bekkie waarmee jy alles verslind. Vaalbruin is jy van kleur met ‘n titseltjie swart en dalk ‘n kolletjie wit so tussendeur. Weet jy, dat jy vir God belangrik is? Weet jy, dat Hy jou bewaar? Weet jy, dat Hy jou lewe in Sy hande hou? Jy wat […]
Plaasdam
‘n Warrelwind waai oor die plaas, die wolke trek saam en die stof gaan lê oor die veld. Droog en verlate staan die leë plaas dam in die hittige son. Die druppels begin saggies een vir een neerstort. So tussen deur die krake en verf wat af dop, loop die water skelmpies uit en was […]
Kaggelvuur
In ‘n donker kamer met net een venster, hoor ek die gehuil van die winter wind. Koue, vrees, en nag geluide oorskadu die hitte van my kaggelvuur. Waar is die hout wat my hitte gee? Waar is die toevlug van die geeloranje lig van hoop? Met elke klap en elke vonk, hardloop my gedagtes met […]