Aardsengel
In haar waansin wou sy ook weet wie se beeld lê dan in haar geskape — ‘n rib, wat nie heeltemal pas; stof wat stink in haar siel. Terwyl die blou in die weste goud word wens sy weerbarstig en waardigterlik – haar vonnis en sy lot is klaar verseël met die swaard van gereg […]
2017
Is dit eers as ritmiese refleksies van die lewe rookseine uit jou asemsnare ruk; dat die werklikheid tasbaar raak wanneer woorde bloei oor jou wese – geskandeer tot klankbedrog in waaigras. Is dit eers as simpatie vereenvoudig in simmetrie; woed deur die klankbaan van wat jy voel dat jy die reuk van realiteite sien rym […]
Om andersom te bid
2 Kor 5:1 – “Ons weet dat wanneer ons aardse woning wat maar net ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dis ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie maar deur God, en dit bly ewig staan.” Hier waar ek sit en wonder onder winter se nat […]
Vir Katrein
Vir Katrein Hierdie reis kon sy nie keer met haar vlerke trillend oopgestrek om die wieke van ‘n noordewind te vang hang sy halflyf aan haar spasies en ruimtes wat heelal om alles en almal. Met wilde woorde wat wakker lê in haar mond (om nimmermeer tot stof te keer) flap sy vere uit Walhalla […]
My bastion
in die donker dae toe my asem stom (soos kameelboggels) in my oë gehang het, het jou omgee en stil verstaan soos ‘n Josefskleed om my gevou toe die aasvoëls se aanhoudende gepik my uitmekaar wou skeur en hadidas se stemme my mal wou maak het jy ystermure om my broosheid gebou deur stormwinde wat […]
Hou die mooi
“Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us or we find it not – Ralph Waldo Emerson” Só staan sy toe staar na die sterre skitterend oor die donker nag; een vir een pluk sy hulle sit dit in haar sak, want soms is die dag so […]
Terstonde Drange
Hierdie keer sal ek probeer om die stiltes in my binneruim sonder taalpatrone of lyne oor my naakte lyf; net vir jou om te keer. Want vrolik en vrouehartig wurm ek in walms van wanhoop- deurdring met diep drange om my onverdeelde hart te oorwin. Hierdie keer sal ek regtig hard probeer om saam met […]
Donderdag: MY VRIEND KROHN
Donderdag: MY VRIEND KROHN „My vrou het die naweek haar suster gaan besoek, en die Saterdagnamiddag was uiters vervelig; toe gaan ry ek deur die veld en woud van die Lünebürger Heide agter Hamburg,” sê my duitse vriend Krohn. Êrens het hy op ‘n dorpie koffie gedrink, koerant gelees, sigarette gerook. Nou vind in Duitsland […]