Ekwilibrium (Goud)
Vanwaar ek aanskou hoe jou inner-arend verbete baklei om te lewe en te oorleef in die lydende stryd waanin jy – sielsmorend – gemartel word spook en spartel mý innerwese (besete) om te oorleef en te bly leef om jou in ewewig te hou.
wit vlag
wit vlag hou my vas hoor die oorgeelied my hart is die slagveld van ons oorlog waarin liefde ammunisie vir kanonne is wat met woorde kraters skiet my lief wees enkel stil hou jou oor lig donsveerlig teen die witvlagklop van my hart wees verseker weet hoe lief ek jou het ©VonVillon marlenab
Wie sê…
Wie sê liefde kan nie ñ sprokie wees die tipe liefde waarvan ons in boeke lees wie sê liefde kan nie perfek wees in elke opsig ek wens verlief wees was verplig Liefde voorwaar een van die grootste geskenke los liewers die ongegronde bedenkinge liefde sien die beste in jou raak laat alles in die […]
Ek stap my pad met blymoedigheid.
Ek stap my pad met blymoedigheid. “Dit gaan met my goed, dankie, BAIE goed.” Die woorde van ʼn kosbare vriendin, Theresia sal my altyd bybly. Ongeag watter dag van die week of watter tyd van die dag, as jy haar vra hoe dit gaan het sy jou geantwoord, met ʼn glimlag op haar gesig. Ek […]
My tortelduiflief (Goud)
ek wou maar net ‘n rympie skryf oor die minnelied van ‘n tortelduif wat koer-koer in die wilgerboom liries van die liefde droom dis toe my oog haar fladders vang waar die bloubessieboom se takkies hang haar beeldskoon beeld was sonder blaam soos in ‘n windverwelkte fotoraam ek reik dromend uit na haar maar sy’s […]
nog die held
nog die held vat my sleutel ontsluit jou verbeelding ‘n wêreld vol wonders ‘n wêreld sonder grense vol lewensleslag en meerminwense al die prinsesse is jy elke goue koningskroon behoort aan my liefde voer ewig heerskappy in swarthaaraande met groenoogtrane afgedroog in ‘n toemaar-toemaar-drukkie styf vas jy sal my sonstraalprinses bly en ‘n goudgeel koningskroon […]
Te min
Te min Altyd was daar net dié; Geloof, hoop, liefde, hiedie drie. En in bitter eensaam nag van liefdeloos gegrendel? En as hartstogs eenvoud kreun en kla by die drempel? Hoe dan smeek ek wel van U, Here, God van Woord en Tempel, Is daar nie dan meer as net dié? As geloof, hoop, liefde. […]