Te lank
Te lank Jy trap op my en jy weet jy maak seer jy vertrap vir my keer op keer op keer Amper begin ek glo jy is reg na weke, maande en jare se sê ek is sleg aanvanklik het ek gedink jy is opreg maar stadig het ons verhouding al verder versleg Ek moet […]
SEMIETE en ANTI-SEMITISME 2
SEMIETE en ANTI-SEMITISME Deel II In die moderne staat Israel is twintig persent van die bevolking Arabiere. Dis Palestyne, meestendeels Moslems met ‘n klein minderheid Christene. Hul moedertaal is Arabies. Hulle tel as Israelis en kan om ‘n Israelse paspoort aansoek doen. Van die Joodse (Hebreeuse) Israelis word bereken dat slegs veertig persent egte Semiete […]
SEMIETE en ANTISEMITISME
SEMIETE en ANTI-SEMITISME Deel I Momenteel stroom die vlugtelinge oraloor in Europa heen en weer. Egte vlugtelinge uit „krisisgebiede” oor die hele aarde: Afrika, Asië, maar veral uit die Midde-Ooste – Sirië, Libanon, Iran, Irak, Palestina. . . Ook „ónegtes”, politiese ekstremiste, potensiële terroriste, veral uit Moslem lande — besonders Arabiese lande – om onder […]
lig gelowig
vals glimlag verkoop vertel van vals deugde deugde wat nie bestaan helder beeld van dofheid laat negentien voetsek kar lyk na moderne droomwa word lig gelowige mense daagliks verneuk misbruik verkul en vertrap soos gewillige skape geskeer sonder gewete soms selfs in die naam van gelowigheid sonder om god van geld te noem ©Teárlach
Hardhandige Liefde
Hardhandige Liefde (4de skryfkompetisie ) As jy my siel kon lees sou jy daarin vind; herinneringe van lang vergete geluk en ‘n dag toe jy trou beloof het jy sou in my wanhoop tog hoop gesien het want, liefde sterf nie dit het jy oor en oor bewys wanneer ek my gekneusde liggaam in amper […]
Verlore brief in ‘n bottel
Die waarheid is niks minder as die klop van jou hart – ek hoor dit ook met elke son wat sak is die wonder van ‘n einde ‘n slinternuwe begin. Mense soos ek en jy was nooit gemaak om te huil of te skuil – “we were set to sail” vat my hand; my naam […]
ouma vertel
vaalgrys tente modderige voetpaadjies stofstorms voor die reën in tente gebind alleen mammas kinders oumas oupas vermaar en verguis jong vroue verkrag verag nag geluide slepende kettings spore uit te wis om kampdrade huilende siekes hoesende longe murmurerende stemme wat Bybel lees in Hollands roerende gebede vir krygers wat nog in veld verhonger en bittereinder […]
Soetlief en die ondier
Terwyl die son skuins hang in die hemelruim en alles wat aan bome moes bloei verdroog kruipend teen die grond rondsleep, dobbel ek met karma – daar is te min tyd en geloof; te veel geld en goeters wat windgejaagd nagestreef word en iewers in ‘n stad woon daar mense in opgedinkte tronke en hier […]
Vlugteling
My pen lê hier langs my hy weet waarheen ek nou wil vlug – die papier was nog nooit so wit en ek was nog nooit so ver van nou; in die tweede laaste reël van hierdie gedig sal jy smeek om saam te kom want net verby Sodom en Gomorra, op die grens van […]
teleurstelling
soos ‘n visserman wat elke dag probeer maar nooit enige vis uittrek wat hy kan eet soos ‘n jagter wat kilometers loop sonder om bok te skiet soos ‘n oupa en ouma wat maande wag sonder om besoek te word soos ‘n beloofde wat dae wag om van haar geliefde te hoor soos ‘n boer […]