BOS BLOMME
Wanneer jy weer Paarl toe ry pluk vir my varkblomme langs die pad sodat ek op ‘n gepaste oomblik myself in die lente kan verloor en wanneer jy weer huistoe kom gee vir my jou ongetemde hart sodat ek ook soos jy kan asemhaal wanneer die dag haar ure oor my eb en vloed. Ja, […]
kleurvolle pes
– uil se mis hang wit strepe oor my kar se ruit soos pes uit die nag uit pes vervang wag dit daar as bewys – heimwee-loos klink uil se roep as waarskuwing vir al wat rot wat pes dra vergaar vrot – ©Teárlach
Karoo verlange (Goud)
ek wil in eenvoud lewe ek wil terug na die Karoo daar waar die son oor vriespunt opkom en die velde ook nog glo ek wil my kommer neerlê en op ‘n klipkoppie gaan sit waar die koggelmanders en akkedisse nog saam in sonsit bid ek wil weer stewig vashou aan my God se regterhand […]
Kleingelowig
(Snelsonnet) As donker wolke hier om ons vergaar en beloftes van reën saam met hul bring hoe kan twyfel ons geloof so verdring as ons beloftes van hoop so aanstaar hoe kleingelowig is ons partymaal as twyfel en wroeging in ons rondmaal. © Taai Bonthuys
beloftes van veldblomme
uitgeput is die winter en die moegheid van grys en die verleptheid van velde behou die veldblomme ‘n belofte soos die wind verse is die sneeu ‘n voorgang die reën ‘n refrein is so is die blomknoppe die brug en so vorm die fleurson ‘n lied waar die aroma vrolik speel neurie die veldblomme die […]
My vrolike lenteversie (Silwer)
Ek gee vir jou ‘n pot om vol lenteblomme te stop: gulhartig van kleur, welriekend van geur. Ek nooi jou saam op ‘n wentelbaan van oorvloedige geluk in ’n liefdestuin gepluk. Ek wys jou gul die vreugde toegehul van sonskynlag in elke nuwe dag. Die ware vind van eensgesind, in ‘n hart vol hoop vir […]
Lente-ontwaking (Silwer)
“Dis heerlike lente, die winter’s verby” bruis die woorde van die ou kinderliedjie ritmies deur my stram wese. Daar’s behoorlik ‘n huppel in my stap (al is dit net in my gedagtes) want gedurende die afgelope wintertyd (letterlik en figuurlik) het ek ‘n hegter verhouding met swaartekrag gevorm. Omdat my voete so stewig geanker is […]
lente
kleurvolle lente rooigeel blomme in oorvloed pers geur my vrolik wit weerspieël my trane in verliefdheid en vreugde *Let wel dit is ‘n tanka gedig en die foto is my eie foto (kopiereg)