Dans van die seisoene (Silwer)
Op die maat van die seisoene se sleepvoetwals Kom September en Oktober se bloeisel-ballerinas Tippie-toon tevoorskyn Om die baan te open vir Blomme en vrugte in die lente Ellelange snikheet somersdae Roes en goud vir herfs se oumensjas Matelose winterkou’ om te ledig tot die droesem Alte wonderlik is die herhaling Aljander aljander so jaar […]
Dans van die seisoene (Silwer)
Op maat van die seisoene se sleepvoet-wals Kom Oktober se bloeiselballerinas Tippie-toon tevoorskyn Om die baan te open vir Blomme en vrugte vir die lente Ellelange snikheet somersdae Roes en goud vir herfs se oumensjas Matelose winterkou’ om te ledig tot die droesem Alte wonderlik is die ritmiese herhaling Aljander aljander so jaar vir jaar […]
oktobervreugde (Silwer)
om van vreugde oor die mooiste maand kaalbas te sing en dans tollend in die reën – sonder ‘n sambreel – onbesorg en vry behoort nie ‘n skande -of ‘n sonde – te wees nie eerder ‘n viering van mens én natuur: rou, eerlik, mooi
Maand van nuut begin (Silwer)
Oor velde heen Klink voëlgesang vrolik en luid Tree blombestuiwers aan vir diens, gereed Om nuwe vrug te laat ontluik Buig natuur afwagtend en Eerbiedig, met vars oortuiging Reikhalsend na somer se ontwaak Met eerste reën ontplof Aarde in ‘n kleurpalet Asof lank reeds verwag Na winter se koue striem Dat nuwe lewe weer ontkiem […]
Ingelegde Sterre
in my drome swem gedagtes rond ver in die hemelruim verby reik ek uit na die sterre en vang hulle een vir een op die melkweg langs waar jou hande my omvou tussen wolke sweef ons heen soos ingelegde sterre gebotteld ons oë vasgevang flikkerend glimlag ons breed vir mekaar die soetsmaak van liefde opgetower […]
OkMooi
Orante of leeubekkies kry skalkse kyke terwyl hulle huppel in die wind. oor Oktober hulle blomme laat bloei en hulle reuk laat rol oor heuwels heen.
Rykdom
Orals kyk jy blomme, van tjienkerientjee tot orgidee en oumakappie. By rivier en vlei en êrens, selfs in die barre Karoo, reg tot verby Kamdeboo.
Somerglans
O, mooiste maand Kom kelk oor aard’ jou fleur Tros welriekende balsem Oor laaste winterreste Bot gul nuwe verwagting om Eersug aan te wakker, en Rugsteun somerglans met vreugde! ©Driekie Grobler
Moederaarde se noodkreet …
As ek rommel op die grond sien lê is daar só baie wat ek wil sê waarom moet mense rommel rond gooi moederaarde besoedel, met rommel bestrooi? Diere en mense is besig om siek te word die mens is besig om sy eie lewe te verkort dit is die rede waarom asblikke daar is maar […]
Somerbelofte Silwer
ek sien die spookasemgeur van perskepuntjies hulle koppies opdraai in volle blom, voel die warm sang van nuwe vrug wat die somerson verwelkom fynvlerk bloeiknop ballerinas baljaar in die wind ek hoor die witvlekvlerkies van ‘n blommekind, ek ruik die roesbruin kleur van ou kromhout proe die heuning in kleure van geel en goud ‘n […]