Geskryf in die Sterre (Silwer)
Geskryf in die Sterre ankerloos in winterkou in sierskrif lê dit uitgestippel op wysie van die wind se tune tot in die siel se blouste blou die dolosse blink uitgeskud van horison tot horison dui presies die plek, die oomblik aan waar ek moes groet, waar jy moes gaan ek dobber hier in gister rond […]
Die veeldoelige toiletrol
Die veeldoelige toiletrol… ‘n Toiletrol is weggesteek agter lae papier. Die uitvindsel is so oulik dat elke huis in die wêreld een iewers in hul huis het. Ryk of arm, jonk of oud, die kontrepsie word oral gebruik. Sonder dit kan dit benoude oomblikke veroorsaak veral as jy alleen is. Ek dink almal kan ‘n […]
Cooper (BRONS)
Cooper Liefste Cooper, ek kan die dae onthou: ons was pragtig jonk; ons het saam gepronk. Uitbundig, bonsend in ons lewensfleur… wie sou voorsien wat toe later gebeur? Ai, Cooper, dit blyk jy’t my aan ‘n lyntjie gehou! O, kyk nou hoe plat lê als sonder jou!
Ek wil lewe (goud)
Vat my enige plek saam met jou enige plek weg van hier enige plek waar vergeet kan verlig ‘n plek met purper plesierighede soos in die mik van jou arms of oor die heuwels van jou heupe waar jou hande veilig oor my kan veld ‘n plek waar buite ‘n binneding raak waar net ek […]
luisterpos
ver bo op ‘n klip krans is daar ‘n holte in ‘n skeur sitplek vir net drie mense verberg van meeste oë bedags word die grens bespied snags is dit ‘n luister pos vir beweging beweging van onwettige insypelaars wat snags oor die grens wil sluip daar gelaat vir drie dae tot ‘n week met […]
nêrens
eenkant van nêrens lê die plaas diep versteek in ‘n droë, donker kloof luiperds was nog tiere genoem daar bosvarke het in troppe daar gewei bosbokke helder oordag geblaf maar helaas nie meer so nie nêrens het uit vyf plase bestaan geen kar kon soontoe beweeg, net die trein ver uit die kaap se see […]
affair in blou (BRONS)
affair in blou my beminde – my bloudam met jou bruisende borrelblou branders betower jy my en verower jy my keer-op-keer met jou diepblou brander-oë my beminde – my bloudam jy verlei my en maak my knieë lam jy skitter soos kobaltblou saffiere in maanlig as jou water-arms my uitlok my beminde – my bloudam […]
Mymer
My fotografiese geheue onthou nog ons mooi herrineringe pieknieks op lemoengras waar ñ strelende rukwind die parmanente karteling van jou pikswart hare oor jou gesig waai
Verlore dans
ek dans ‘n eens verlore dans op Strauss se Blou Donou die dansvloer is in goud gehul en ek wals heelaand met jou die meester hang nog self ook daar so skuins bo teen die muur en deur my passies wonder ek of hy na ons ook tuur die aand is soel en gul omhul […]
GEESTESVERSTEURING EN ONREGVERDIGHEID GEDURENDE INPERKING
GEESTESVERSTEURING EN ONREGVERDIGHEID GEDURENDE INPERKING Gebeurtenisse wat lei tot nuutskeppings (Brons) Met die grendelstaat wat plaasvind en werkloosheid vir baie word daar orals dieper gedelwe in die menswees en psige na ‘n nuwe normaal. Hanlie Wessels, 54 jaar oud, beleef eerstehands die druk en impak – van onregverdigheid in die werksplek, van die inperking, van […]