Langebaan (Silwer)
hier op Langebaan het die tyd gaan staan hier was ons siele in die ligtelaan die son se flankeer met sy wentelbaan ets ‘n afskeidskrater teen die silwermaan en laat die sand en die wind aangedaan … met ‘n brandertraan Seirdna (A Fourie) 24.10.2019
Piekniek onder die ou peerboom (Akrostigon) Silwer
Saterdae is kuierdae Almal kom van ver Mandjies vol lekkerte En ‘n pienk laslapkombers Sprei uit onder die ou peerboom Yskoue koeldrank en braaivleisvure Naweek familie plesier
Heks se Huis
kop vlamme dans rustig op hul eie maat sonder maats wat trap. mooie besems vee stads verwar saam met vlamme in die hemel weg. kaggel suis koffie knus in die maag, lê ek lepel onder jou dak.
STILDORS (goud)
Ek pluk ‘n vrug iets soos ‘n apple of ‘n vy ryp en groen net vir my en gee dit vir jou ek kyk hoe gulsig jy eet oorhonger en vraatsig – verslind jy alles tussen jou vingers dit maak my mal jy is honger en ek * ewig dors maar jou lus stil […]
Soos die see (goud)
Moenie weer woorde oor my gooi of jou asem stadig teen my afblaas nie want hier by die see moes ek alles vir jou gee die wind in my hare die strand op die wand van my hart ‒ selfs die sandbank in my siel alles moes ek net so vir jou gee my skulpies […]
Immergroen
jou omgee versprei soet soos die reuk van ‘n yesterday, today and tomorrow tussen jou hartsmense waar jou koestering menigte harte se honger stil jou gebede verfris nes die eerste lentereën na ‘n lang droë winter en jou tuiste bied ‘n lafenis vir ‘n dorstige siel “and honey, your soul could never grow old, It’s […]
Glen se Landie
Glen is die tipe ou wat die meeste vrouens as ‘n groot “teddiebeer” sal beskryf. Hy was ‘n blok van ‘n man wat nie baie gepraat het nie, maar wanneer hy praat luister almal. Hy het destyds saam met my by Waterwese en Bosbou gewerk. Glen het saam met sy vriend Andre in ‘n woonstel […]
Oestyd na droogte (goud)
Het ek my verbeel of het jou kruiphand my middel omsingel — jy my lyf lankenlangs nader getrek tot duskant jou horisongrens diep verby jou ongetemde binnewand het ek my verbeel of het jou woorde te swaar geraak tussen die veldblomme wat jy in hierdie ontspoorde oestyd so gereeld in my vlegsel druk terwyl ek […]
Liefdesblyk (silwer)
Liefdesblyk ‘n skewe posy in my hand selfgeplukte woorde sonder klank met stil gedagtes én met liefde kies ek die kleur en geur vou dit bymekaar in blink-blou selofaan waar jy nou lê lê ek dit neer nederig my liefdesblyk om wat jy was ‘n laaste keer te eer © Barbara Smit 15/10/2020