HEIL DIE LESER (goud)
Ek bewonder mense soos jy wat met oordeel lees asof jy dit self kon skryf jý wat daar sit met jou halfleë mond vol verlossings letters en afgeronde text asof jy weet hoe dit voel om benoud wakker te raak met woorde wat jou aanval * in die stort in die middel van die nag […]
Knapsekêrel
jy klou vanaand weer knap aan my onthou laat ver ver drome tollend swymel-swaai om doelgerig weg te vind na diep geheimenis wat jare lank al gebalsem lê met gloor wat geil gloed oor die psige van my lewe word weereens net gespan vir krapperige vurkpyltjies wat plaend anker aan elke roof kom hang gun […]
Troebadoer swerwerskind Silwer
my voete rus by Lamberstbaai in die see se salwende sus ek gooi my hare in die wind by Kaapse punt gee my hart vir die Knysna bos dan volg ek die paaidjie al langs die kus tot by St Francis baai waar die golwe teen die rotse klots het my paaidjie weer gedraai my […]
van kleinsaf
. onder hoë sprietwolke lê see kalm en turkoois van kleur my hart loop oor van blydskap oor herinneringe gedeel lewendige gesprekke wat soveel waarde soms weemoed kan bring . ©Teárlach.
Kersfeesliggies (Silwer)
Kersfeesliggies die foto’s wat ek uitpak verbreed die soet rand van my hart herinnerings se repertoire, feestelik soos kersfeesliggies deur die huis al voel dit soms of lamferbande my arms stomp afbreek die liggies brand tog trots en helder nóóit laat die LIEFDE in die steek dae, maande, jare dit is gebêre en vergader maar […]
skemer wense (BRONS)
in sagte skemer smag my siel na jou en stuur my hart seine uit soos Cupido-pyle soekend na sy skyf jy rondomtalie my met jou potblou oë skoppelmaai my deur jou drome soos kindjie klein vermaak jy my met stories en verhaaltjies oor die reis waarop ons sal wandel ek mis die lyne van jou […]
Niemandaland
Vat my weg saam met jou sodat ek nie van binne hoef te sterf nie vat my na vreemde plekke in jou arms en laat my hang aan jou warm lippe vat my terug na tuine vol tinktinkies swaaie wat wolkver kan strek of naamlose plekke soos dié waar koplewe ‘n revolusie raak vat my […]
VERSTENGELDE PALET
naby die houtbankie in die park, dáár het jy vir my ’n toorbos geplant en jou glimlag het die bome laat bot terwyl die wind uitbundig blare tart in die duiwe se kir is jou naam gespel en tussen die boomblare het die son soos blokkiesglas geflenter en stom jou naam geroep jou kreukelhande het […]
JY IS DIE ROOI VAN MY KANNABOS
soggens met songroet as ek my van jou moet speen sien ek die uitspansel in jou oë ontkiem wanneer jóú hande reeds reikhalsend na die strepiesmaan agter die newels reik maar dis jou kyk wat my inkatrol na daar waar die kannabos bloedrooi blom © Anzé Bezuidenhout
Die genot van ‘n kykpartytjie (Brons)
Vanoggend was die sonsopkoms vir my asemrowend mooi en dit het my ver laat terugdink aan ons kinderjare op Oupa en Ouma se plaas. In tye van afsondering dwaal mens se gedagtes nogal baie terug na die ou dae, die dae van ware vryheid en dit hou mens aan die gang. Vir meeste van ons […]