Jou handeroom-geskenk
Jou handeroom geskenk (Simply Bee®: Natural beeswax products) Nou smeer ek my hande af aan jou. Ook lank nie meer in onskuld nie. Deesdae weens ‘n skurfheid wat vatplek kry weens was en afspoel, uitspoel en óórspoel… veral oor wat wás. Gebars en rou! Geen mate van was of salfsmeer sal ons handelinge ooit weer […]
bosvark jag
foksies se asems jaag langbeen soos hul ouers was rats en vinnig oor gras en bos lig gebou, gebou om te hou ou vette kreun en knars deur bosse en takke woes snork en ploeg met tande alles moet net weg koes foksies kry sy snuf en jaag met onheilige geluid van tjankende waansin agterna […]
METAMORFLOOS (goud)
môre stap ons weer oor ‘n onbekende pad saam met bekende vreemdelinge verby ongedefinieerde oomblike deur ‘n woud vol sekelbos en doring takke en luister na ongehoorde klanke saam met jakkals, klip en ander nomadiese nommers en probeer meerdimensioneel wees in die illusie van ons bestaan asof ons grense met gemak kon gister asof ek […]
Binnedisse
sag sluip dit deur jou are jaar na jaar dieselfde bloed in dieselfde mense met ‘n hartklop, ‘n asem en duisende drentelente gedagtes buite buig almal al te graag saam jy verduidelik hoekom dieselfde mens nou so anders lyk maar jou hart ruk nog ‘n binne-ding uit ‘n lyk en ‘n paar skerwe jy staar […]
stoor
hoog teen die berg regs bokant die hartebees huis het die ou stoor gestaan sy hoë grasdak kap het donker rus vertolk sy enigste deur was ‘n swaar soliede blok van geelhout uit die berge ‘n groot seskantige knop blink gevryf met hande swaar yster sleutel binne die stoor was daar geheime van ouds wa […]
EK IS – (goud)
Ek is die seemeeu; speels in die wind ek is die brander wat met laagwater hoog wil vlieg en soms is ek die klank van jou stem ek is die aand saam met jou onder die palms toe ons nog kon lag en borrelhartig baljaar maar vanaand is ek die stilte in jou gister se […]
Verlange – Silwer klas
Kruidjie-roer-my-nie hoor my lied wanneer ek onbeskaamd my treurlied vir die volmaan neurie en jou blare om my vingers toevou jou takke hang asof jy saam met my ween Kruidjie-roer-my-nie hoor my lied wanneer ek en die Piet-my-vrou vergeefs na ons hartsmaats roep die hartseer note eensaam alleen die doodse stilte verbreek
Wegkruip
die laaste rak in dolle winkel geskarrel ń wegkruip plek agter boeke. ń dowwe gemoed vind sagte krag in stories by die boeke plek. die dampkring van muf wat in my neus ń tuiste vind vul my. wysheid oor jare verwoord staan hier vasgevang in rakke met die reuk van papier. in rooibruin leer gebind […]