Somersaande (Silwer)
ek verlang na somersaande en ‘n vuurtjie in die sand die wind wat saggies suisel oor die soutsmaak van die see na die bloeisels in jou hare en die aanraak van jou hand… Seirdna (Silwer)
Kaap van storms
(goud) Ek onthou nog hoe winde huil deur klowe – ’n fluitend treursang wat droefenis belowe, die riete se geritsel in die newelstof net voor die eerste reuse druppels teen my kamerruit ontplof die gerammel van die donderweer, die krrraaakkkinggg deur die lug, die Klap! Klap! Klap! as die bliksems breek oor Karbonkelberg se rug […]
Vreemde Fotos
fotos in muf koeverte lê oop oog, fluister en vertel stories van vorige geslagte. die universeel sien ons skrefie dun as lig puntjies hier en daar in ń donker kol. so sit geslagte op en agter fotos, ek is net ń pixcel in dié skildery.
Die ou man se winter
Ek het gevoel soos ‘n haas in ‘n aankomende stel kopligte. Verlammende skok. Jeanie was weg. Ek het uit die ou leunstoel gebeur; geswets omdat my ou beendere so gesukkel het om saam te werk. Toe ek orent is, kies ek dadelik koers kombuis toe. Jeanie se plek. Daar waar sy haar dae vertoef het […]
God se stem
(goud) Ek is nie die applikant in die skrywe nie ook nie die regter nie maar as ek so om my kyk sien ek ‘n toekomslose môre een vol dongas en dae sonder name een soos vandag wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem net vir ‘n uur kon leen om alles om […]
Ontsnapping
(goud) Ek lê in my armbuurt saam met ryk mense en ek hoor hoe baldadig hulle in oorvloed lag en rondval dronk gesuip aan hul eie ego’s al wat ek wil doen is op die rug van ‘n wilde perd spring ‒ verkieslik ‘n bloue met reënboog vlerke en hierdie plek van lyding agter my […]
Rietfontein
Rietfontein Vers 1: Daar is ‘n plek Waar die hart se seer vergaan Waar ‘n kind se vrese spoorloos verdwaal Daar doer in die ou Wes-Transvaal Vers 2: Hierdie plek klitsgras Aan mens se hart ‘n Plek wat die lawaai sus Met ‘n windpomp se draai Koor: Rietfontein, onthou jy my Na al die jare […]
Kan Jy Nog Onthou?
Kan Jy Nog Onthou? Vers 1: Ek onthou die sorglose dae Van kind-wees, van vry-wees Die goeie ou dae se dinge Vasgeweef aan my hart se lappieskombers Vers 2: Daardie dae was dinge so anders Het ons nog buite gewawieldraai En gehalte tyd as een gesin Om een tafel spandeer Voor-Koor: Kan jy nog onthou […]
Woestyngebed
Ek is ‘n wilde Kalahari kind vaal verlate vlaktes verf my spore dansend saam met sonbessies in die wind gannas en brakbosse lag in my ore en duskant vandag se skraal ure soek ek jou nogsteeds soms in my drome met dor hande; selfs in koue vure tussen klip-koppies en kokerbome en ek wens dat […]
Vat My Terug Na Die Platteland
Vat My Terug Na Die Platteland Vers 1: Ek onthou nog daardie dag Toe my hart nie meer kon wag Vir die stad se liggies Om my drome waar te maak Vers 2: Maar iewers hierso op my pad Het die goue liggies van die stad verdof En hul glans verloor Wat bly dan nou […]