A NIGHT AT THE MOVIES
Gesels ‘n paar van ons vanaand by ‘n vergadering. Eintlik is ons baie ernstig, want daar is dinge wat beplan en gereël moet word. Maar nou ken jy mos ‘n klomp vroumense bymekaar – die een ding lei tot die volgende en voor jy jou kom kry, beplan jy hoeka nie meer nie. Hoe so? […]
Pen
gedagtes en instruksies geskryf met kinder tot verblykte oumens hand blanko papier is so versier in primêre kleur van swart. blitsig versend boodskappe nou met klik op swart plastiek wat klinies dieselfde print in duisende kleure of in swart. nou vergader penne in oubaas laaie te werklik om weg te gooi nog vol gedagtes wat […]
Sedgefield Leeu
Langs die wit water spattende teen ongesiene vis wegkruip plekke in grys oggend lê ń leeu. Voete is ongemaklik sout nat met boude, stert gewortel in droë see sand. Prooi loop heel te klein van tyd tot tyd verby sonder vrees vir die ongemaklike leeu. Sy oë is lankal sout, weg gehuil in verlange na […]
rooiblink politoerstoep
op die verhoog van my lewe weerkaats skitterblink lugborrels in die geheue van grootwordjare in ʼn skakelhuis in spoorwegbuurt met spieëlblink rooi politoervloere eerste regte trapfiets hier gekry kop wat skaars bo die sitplek kom met my Pippie-Langkous vlegsels pa wat vashou en agterna draf tot ek triomfantlik alleen kan ry die Oukersaand se opwinding […]
Intermezzo in die huis van donkerte II
Kraaibekman moes allermins tot die allerminste, behaag wees met die buidel : Die Uwe Mnr Taks Getaks; sy koelrond, bleskop-boebpens-baas sit en raas- As ‘n Gedorie sy naam sou hoor het hul skoon hul spore verloor en mens sou glo ‘n Ditt kon toor, die mol se gat is skoon verloon “Bring die potte, rook […]
Die lampman is dood
(Goud) hy wat in stilte sy werk verrig terwyl niemand daarvan weet nie, hy wat die lampe moet aansteek, die paraffienlampe moet laat brand kyk hoe stil lê sy hand langs sy roerlose liggaam op die klippe en die sand hy wat die lig moes bring, wat die lampe vir ons voete op ons paaie […]
Pelgrimstog
Brons vir oom Frik Steenberg, ‘n vriend en digter (1943-2018) Ek wou nog een maal hier huil waar kleur in blomsaad rus, die lug wegsterf as rooi katstert en kalkoentjies oor ver stiltes klim-klim teen ‘n sandknop uit. Hier word die onthou, sag gebrei op die skraapklip droëntyd en hartbreek aanmekaar geryg soos matjiesgoed, steek […]
Die dag toe jy wou onthou
Sal jy luister in die kil- vierkant van jou eenkant hoektuin op jou draadstoel oor jou draadloos na my verdwene stem onder die perskeboom; toe die rooivink hul eiers nes in die wilgerboom en ons stroom om die dam loer jy uit die hoeke van die spieëls van jou oë na die son sé huigel […]