Herfsblom
Herfsblom is my naam in magiese skitterprag om helder te skyn. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Solo-kaberet
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom haar masker het geval; die vertoning het afgeloop stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke haar masker het geval; […]
Delvillebos (op ‘n dag in Julie 1916)
goud Vanoggend het Fanus Venter* ‘n nare voorgevoel… en net daar !PLOF! iets in die sandbank – dis die eerste ligdagkoeël. Teen die walle van die Somme is die duiwel eensklaps los tussen kaal geraamtebome – dit is die slag van Delvillebos. Vir die jong man van die Vrystaat is die masjiengeweer se vuur (genadiglik […]
Winterreën
Winterreën Ek staan alleen en skielik is dit aand; so het die winter my met ‘n blanko blad gelaat, waar sy haar nat asem in grou slierte oor die bergpieke vee. Ysig doen sy haar sustersdans; deur takke van die Soetdoring wat gedienstig en nederig (asof in stil aanbidding) voor haar aanslag buig. © Anzé […]
Skryf My Naam
SKRYF MY NAAM Skryf my naam in die stof op jou boekrak. Los vir my ‘n nota in ABC-Noodels van jou sop wat prut. Maak my die stadige aanraak in jou Slowdance. Laat my gebore word in die vlam en vuur van ‘n PasoDoble. Stem my die rou akkoord van ‘n smeulende kitaar. Laat my […]
Heimwee Lirieke
Bekende ou liriek, vat my op verlange reis. Na dae vol vreugde en hare sonder grys. Roer die snare van my hart oor gedagtes van oud. Na kamers ruim en groot, met vloere van hout. My hart bly in verlede terug loer, Na dae wat in tyd stadig verby kon sloer. Withuis, met jou geuwels […]
persoonlikhede
een draf langs die golwe ander stap stadig en rustig ek sit op my duin en bespied ander kom fluks met honde stap nog iemand kom toets breë bande meeste mense kom om stil te wees ander om ontslae te raak van stres tussen alles gaan see maar voort elke brander jaag tot op strand […]
Nou weet ek, Ma
Sterstatus: goud Jy knoop my vas, jy bind my los met naelstringwoorde soos suikerbos en kandelaar, Komaggas en Soekmekaar. Jy kweek in my ‘n liefde vir ons taal. Jy hou my teë, jy laat my gaan, jy bly my by. En ek verstaan – die band wat ons gebonde hou strik sag, maar tog ook […]