Dalk, op ‘n Dinsdag (opdrag 1)
…het jy geweet hoe om pluimsaad vir die wind te gooi sodat dit wyd oor Vrystaatvlaktes en Karoo tot teenaan Tafelberg se hang sou strooi. Of, miskien was jy bewus – die suidoos sou die korrels dra oor alle tyd en plek en grense heen; dit neerlê in ontvanklik’ aarde, ook in elke bars of […]
Stofpad
stofpad na wie weet waar met spore diep getrap en onverklaar slingerend deur onbekende ruigtes se Niemandsland na uitgestrekte wydtes kinkeldraai in war gemoed wat afwagtend na antwoord soek roekelose spore trap wanneer stofpad-verleiding roep ©Driekie Grobler
Kokonnetjie in die see (OPDRAG 1)
Haar woorde word toe waar skuimwitgolwe wat haar verewig bewaar vasgevang, toegevou soos mamma se maan salig weggaan. Laat liefde almal in die steek antwoord tog spieëltjie voordat jy swygend breek. Wie was sy regtig? Bly hulle vra. ʼn Klein korreltjie sand of ʼn lappop wat maskers dra? Bitter, bitter haar miljoen soeke, die lewe […]
VERNIET, MAHALA, PASELLA EN SOMMER OOK FOR NOTHING
VERNIET, MAHALA, PASELLA EN SOMMER OOK FOR NOTHING Kersfees kom vroeg hierdie jaar; want as iemand ‘n wise-ass hart en ‘n blêrrie te slim vir haar size, cheekygat vrouweesgemaak persent wil hê (verniet, mahala, pasella en sommer for nothing), sê net – oordat ek myne wil weggee aan enige iemand niemand wat bereid sal wees […]
Ouma se plaaskombuis ( Brons afdeling)
In die oggend skemer van ‘n witgekalkte plaashuis staan ouma en luister na die geprut en die lot van ‘n skaap skenkelpot In haar plaaskombuis wil sy vreugde put terwyl haar binneste bid want haar vuurherd is vir haar veel werd Dit is skuins teen dagbreek die reuk van varsgebrande koffiebone moer laat oupa skelmpies […]
Net ‘n Droom (brons afdeling)
sien jy ook die sterre vanaand, my droom onthou jy nog die dae onder ons wilgerboom die reuk van groen geil gras en papawers waar ons kon lag en droom, speel met klawers voel jy ook die sterre se streling, my droom hul aanraking so koel ‘n lawende bergstroom die tintelervaring wat teen jou rugraat […]
Op ou Treinspore (brons afdeling)
ek wil “eendag” vang en wegbêre wil dit in ‘n kardoesie toemaak en dit iewers gaan wegpak dit hou vir die “môre” wat kom saam met jou wil ek spore los in bergstroompies gaan plas en spoelklippies laggend opraap dit hou vir die “môre” wat kom ek wil saam met jou op ou treinspore loop […]
Winterkos
Wanneer die windjie buite skraal, word die koolstoof gestook en Ouma se resepte uitgehaal, om winterkos te kook. Boontjiesop en kerriemaalvleis met die smaak van spesery en krui, vetkoek boepens uitgerys herinnering geëts in my. Die vars geur van kaneel gestrooi oor melkkosfrummels, vorm ‘n prentjie in geheel wat weerstand verkrummel. Hoender- of wildspastei met […]
vroeë vrugte
ek kom proe aan jou vrugte van eens verdorde stammetjie nou lowergroen beskermend hang diep soete vreugde op geurige noot ek kom proe aan jou vrugte vrugte wat uitlokkend wink helder op perskegeel gelaat kuiltjies waar dit mooi maak ek kom proe aan jou vrugte nie te vroeg anders bly jy suur blare moet eers […]
In somer en winter
ek was besig om jou ‘n brief te skryf waarin ek my stiltes tussen somer en winter, toe rooistofwolke die aarde gestroop het en winterkouebergwinde weer als verkluim het, wou verwoord, wou net met jou praat ek wou my verbeel ek sien jou weer met jou oë laggend en jou stem wat huppel toe jy […]