Soetlief en die ondier
Terwyl die son skuins hang in die hemelruim en alles wat aan bome moes bloei verdroog kruipend teen die grond rondsleep, dobbel ek met karma – daar is te min tyd en geloof; te veel geld en goeters wat windgejaagd nagestreef word en iewers in ‘n stad woon daar mense in opgedinkte tronke en hier […]
deel
meeue op strand deel dit met my en al die ander strandwandelaars golwe wat kom en gaan verstaan wat almal daar bymekaar bring feestyd vir ons wat seemusiek lief fisante sit hoogdrawend en bekyk hierdie besondere opera uitgevoer deur natuur en mense teenwoordig kraaie gil verbaas uit die boomtop eenkant op my duin sit my […]
bonsende hart
liefste marietjie jou mooiste ogies ondeunde vragies jy is my madeliefie liefste melodietjie lokkende glimlaggie heuning soet laggie my mooiste liedjie jy skitter in die aand hart bon-bons saggies liefde gloei vanaand ©Teárlach
Verlange
Verlange Vanaand vat verlange my ver weg van die hede ontvoer onthou my gedagtes na die verre verlede salig sweef ek na jare terug op nostalgie se satynsag rug ek onthou van soentjies steel en van dagdrome deel ek onthou van kattekwaad en die ontdek van goed en kwaad maar voor die verlede my kan […]
Bevryding: n.a Ingrid jonker – Ontvlugting
Bevryding n.a Ingrid jonker – Ontvlugting Tussen wier en gras sou ek ook wou soek – na vryheid, verlossing en God. In vreemdes se oë het ek soms stukkies gesien – van min of meer dit wat ék nooit sou vind. Die gladde son en die rowwe maan het dalk ook binne my ontbind, dit […]
teleurstelling
soos ‘n visserman wat elke dag probeer maar nooit enige vis uittrek wat hy kan eet soos ‘n jagter wat kilometers loop sonder om bok te skiet soos ‘n oupa en ouma wat maande wag sonder om besoek te word soos ‘n beloofde wat dae wag om van haar geliefde te hoor soos ‘n boer […]
hotel – stoep
donker oor die see vragboot ligte wink sundowner geskink misbanke verkleë uitspansel skitter sterrekykers geniet arme dronk-verdriet hotel stoep glinster oor die baai glinster ligte van dorpies verder noord filosowe dink vergesigte ©Teárlach
Vergeet ou skooldae nooit as te nimmer
soggens vroeg onthou ek was dit ‘n geskarrel want skool toe moes ons stap en ma maak gereed met lekker kospakkies en pap vinnig sluk ons die pap, want die skool kan nie wag wonder altyd wat in ma se gemoed gaan wanneer ons daar uitstap want lief het sy ons gehad met ‘n stappie […]
saterdag blues
op ‘n saterdag aand is dit tyd vir vrolike musiek vrolike geselskap en rustigheid soms, egter raak dit te vroeg stil mense wat hard gewerk het slaap is daar nie eens wind wat suis selfs ou kiewiet raak tjoepstil golwe in laagwater klanke donker wolke weerkaats dag se hitte op aarde slaap lyk skielik nie […]
Resensie: Die Film, PARYS KAN WAG
Parys kan wag Francis Ford Coppola, seun van Italiaanse immigrante in Die VSA, is met sy agt-en-sewentig jare een van Hollywood se vooraanstaande regissieure en het mettertyd ‘n reuse „dinastie” om hom geskaar. Sy kinders het veral as toneelspeler beroemd geword, maar ook regissieur; onder sy nefies is ook bekendes, byvoorbeeld Nicolas Cage. Sy vrou […]