Soos engele vlieg
Engelmens van my lê gou jou swaard neer jy lyk moeg en jou pad nog ver, jou siel skree in stilte vir skemer, jou oë lyk effens soos myne. Trap mooi en sag in die langgras, want om oorlog te wens oor ‘n pad wat verdwaald lê tussen nou en nooit – asof môre jou […]
Ek weet nou jy was ‘n engel
Al was jou vlerke nie sigbaar nie en kon mens nie jou halo se glim sien nie weet ek nou jy was ‘n engel … Want dit was in jou omgee se hand en in die lengtemaat van jou uitreik Dit was toulengte in jou aanhou probeer en die sagtheid in jou hand se vashou […]
ʼn Volk se trane-hart
ʼn Hartversonke diep in ou verbonde in ʼn jaar verby van bitter soete trane uit ons hart drup bloed van seerkry woorde leed versonke in ʼn volk se drome van waar sal ons hulp dan kom terwyl die rou en galle smart van ʼn volk se hartseer bloed wegsink en dan roep uit dorre aarde […]
As ons onthou
Son vervaag en so ook die dag fluistering groei in die stilte van die nanag se gloei ons swaai op silwer paaie ver… die beeld van jul gesigte sal vir ewig aan ons wêreld grens engele in ons gebring soos weerlig sprankelende diamante skatte.. juwele so helder ys-rose verander in ‘n stomende oerwoud van bibberende […]
EK ONTHOU ALLES
EK ONTHOU ALLES spatsels van my kindwees speel soos ‘n film voor my siele-oog verby jou skaterlag vir ons speletjies entoesiasme as jy popklere brei sien jou skulpies bewonder op Jeffreys se strand sien jou onkruid uittrek vroegoggend in die tuin hoe jy melktert maak in die kombuis die reuk van Kersfees dwarsdeur ons huis […]
waar woorde
waar woorde nie kan gaan ontmoet jy stille vreugde onthou gedagtes deugde wandel siele in stille laan waar woorde nie kan gaan ontmoet eensaamheid rede onthou gedagtes net vrede wandel siele in stille laan waar woorde nie kan gaan ontmoet lewe sy tweeling onthou gedagtes ontbering wandel siele in stille laan waar woorde nie kan […]
Woordspatsels: Tweeling/Kersboom
So vertrek hulle vanuit die ooste, net die twee van hulle. Deesdae tydens diѐ tyd is families verdeeldelik verspreid soos sterre in die hemelruim. Nietemin gaan hul ook op reis vir ‘n paar dae. Wildernis toe (gepas vir die ongetemde wesens). Hulle word geherberg in luuksheid knus langs die meer. Die oornagtassies word uitgepak voor […]
Oukersaand Drome
Die seisoen van vrede en vreugde is hier, van welwillendheid, liefde word die fees mos gevier. Dis vir saamwees en liefwees word dit uitgebasuin sodat harte moet hoor dis ‘n siel blommetuin. Is my hart dan verblind? Is my ore dan doof? Is my siel weggeskeur soos ‘n ouerlose kind? Die klokke beier en musiek […]