Napeinsing
By ons ontmoeting het ek jou reeds só gevind, my hartslam (verdrietig en bebrose) toegesluit soos ‘n traak-my-niet-kokewiet nooit sou jy kon vlieg, my dierbare ding diep in my siel het jou hart oop geskiet. Ek het gesien hoe jy verdwyn met elke haatvlam van jou hart se aarselende narsitiese klop terwyl jou vlerke ontbind. […]
Laatherfs in Stellenbosch
wyl witstamberke se blare geel raak, die druif se blad tot roesbruin kom die berg se piek so effe skuins leun, geëts teen blou en amperwinterson – pryk amber akkerbome so laatherfs loofverlore, staan straathoek bedelaars in komberse toegemaak en weerklink deur endlersale* sang in vele tale – word pepermossies* uit nuwe monde hergebore © […]
‘n Somer om te vergeet
Somereinde het hy kom groet. Skaars ‘n voet oor die stoep gebaan, half afsydig by die trap bly staan – langs die pilaar wat toe nog geel was. So, asof hy vreemd was aan daardie welbekende plek. Só asof hy van alles wou vergeet. En ek was te jonk om te weet – dit was […]
Vrede
Wanneer branders breek eb en vloed onder die maan ryg ek hul een een deur die poorte van my siel om rus en vrede te vind © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Vibrasies van stiltes
Tolbossies talm om my tong terwyl klankbane kolkend om my vibreer (in stiltes se stank) ademloos smag my wankende woorde na klank smekend kruip gedagtes orals binne my rond. Hier buite my hart is alles aan die brand (smeulend-smorend tot die heel laaste uur) tussen my yl-vlammende vuur en elke dag se bitterbessie dagbreek waak […]
Vriendskapsboom
Jou stam het wortel geskiet in die holronde hut van my hart fyn takkies toi-toi om my tong gebladert dans jou groen spore deur die binneruim van my denke my geestesvrugte deur jou aangekweek. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Laai ons bundel af en lees op jou Kindle, skootrekenaar, foon.
Kry jou Nosalgie bundel vol heerlike Nostagiese stories aanlyn hier.
Kerende seisoen
skarlankenrooi bloeiselbreek my lag deur die klanke van ‘n nuwe skeppingsdag verby die natwimper worstelings van gisterdae wat wou dolosgooi in my hart benede Hemelse vaandels reënboog ‘n wedergeboorte onder hisopstingels wat edik verruil vir wyn dan bars ‘n drie uur duisternis oop in die soel songroet van jou vat terwyl jou mond warm in […]
Om te vlieg
Nou dat jou beeld in my maan skyn (straal-blink oor die wye oseaan) kan ek my vlerke sprei om die donker aan te durf want die soet van jou vingerpunte hang aan elke glansende golf. Ja, nou dat verdwaal my ontkwaal kan ek waag om vry te vlieg – Venus te omsirkel met my mooiste […]
Fases
Augustus se nagblom hang vol in die lug oor sy wang rol ‘n saffraan traan tussen my en hom is daar geen brug; drie maal kraai ‘n hoenderhaan; ñ ek en jy krummel tot stof. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou