‘n Ons is geen pond
Na alles wat gebeur het wonder ek nou in my waan, waar presies ek met jou staan; jý, vol in jou sekelmaan, sou my nooit kon verstaan enkel in my eenvoud (kompleks in jou duet) soos gister se son sonder ‘n baan wentel jy rond sonder bestaan duister belig of laag gelig terwyl jy dryf […]
My Eiland
Diep binne my lê ‘n klein eiland van klei hier stof tyd my altoos af hou ek my soms so bietjie laf glip oor die rand van jou swaar vrag. Diep binne my versoen ek myself met die ware jy dans ons in ‘n draaikolk vol drome loop ons ook saam deur storm sterk strome. […]
‘n Somer om te vergeet
Was dit die blou van die see, was dit die geel van die son – daardie één seisoen was sy lief vir hom. * Somereinde het hy kom groet. Skaars ‘n voet oor die rooi stoep gebaan, half afsydig by die trap bly staan langs die room pilaar. So, asof hy vreemd was aan daardie […]
Inkubus
The thermometer of success is merely the jealousy of the malcontents – Salvador Dali Sy moes haarself ook ontvorm; vasgevang in die vlaktes van vergetelheid (in ‘n rustelose misnoegde droom) moes sy met swaar voete wat stadig slapend sleep- soos een wat met dooie vlerke probeer vlieg treetjie-vir-treetjie vorentoe stoei; om haar oogkorrels oor die […]
Tussen seisoene
Terwyl ek die son se strale deur my hare trek, treetjie-vir-treetjie deur die somers van my lewe stap staar ek verdoold na dié vergete plek; sy soene het my indertyd reeds ontsnap. Winter het barbaars en hard geskop met kil krete wat kleefkoggel soms wou ek die vlaktes in galop, maar die kosmos het geril […]
Oggendstond
die son breek soos ‘n rooi papawer oor die kim terwyl die wind met sy rietjiesasem oor boomtoppe fluit en onder die Wildesering buig die roosknop eerbiedig soos ‘n bruid onder die kir-sang van die tortelduif © Anzé Bezuidenhout
Seisoenspore
die maanblom se geur rank vanaand ‘n sirkel om die sekelmaan terwyl my woorde bruê bou tussen gister en nou die geroep van die kolganskuikens breek die son en weef ‘n altaar met brokkies goue lig so draai die seisoene altyd op hul spore terug © Anzé Bezuidenhout
DROOGTE – Lank, lank gelede
[Het ek reg verstaan? Is die droogte verby? Gedeeltelik miskien? Elkgeval, hierdie staaltjie het my skielik tebinne geskiet. Gesondheid en ‘n lang lewe, wens ek julle. GvT] DROOGTE – Lank, lank gelede België is ‘n besonders merkwaardige landjie. Eintlik is dit nie ‘n land, een land nie, maar twee streke van twee buurlande wat uit […]
Wag ‘n bietjie (apologie aan Totius se vers: Die Godsbesluit)
Ek dink jy pas soos wind in my hare asof iemand steel oor ‘n harp se snare en klank my holtes met die walms van jou adem want onder dié sluwe seisoen se sang babbel almal Babilonies sonder om te bloei, maar jou woorde wals s-t-a-d-i-g om my wêreld — eenkant in my koue winter […]
Die see se sang
Die see se sang Die see sing so saggies vanogend bruisende branders breek ritmies getui-in getui-uit getui-in afgestomp teen die storms binne my miskien kan ek hier rus en vrede kry die wippende water maak my seer stil buigsaam soos die branders, breek my wil. Sjoe-sjoe ritmies eentonig heen en weer daag die stille oseaan […]