Nimbus van heimwee
Hoe plak mens tyd weer aanmekaar vas daar by die gekoekte knoop in ons las soos sandkorrels wat deur ons vingers val lê ons ontsnaarde spore oor my lewenswal. Jou sagte soene swaai nog oor my wang elke keer as ek so innig na my duifie verlang ek voel jou steeds bruisend aan my are […]
As ek skryf raak dit stil
Ek sit hier in die oomblik, alles om my raak stil. Skryf ek my hart uit, en doer vêr is ‘n skaap, ek dink hy is besig om van hongerte te gil. Hier en daar voëltjies wat mooi deuntjies fluit, deur die sonnetjie, skyn ‘n straal bloedrooi, hy weerkaats terug, soos hy skyn in die […]
Waar die gompou vlieg
Op ‘n plaas in die Limpopo lemoen die boorde vol in vrug. En naby Pont Drift vlieg ‘n gompou. O hoe verlang ek nou weer t’rug na ‘n winter wat nie koud word nie en die saligheid van son wat middaglaat so lou laat voel. Ek sou teruggaan as ek kon na daardie plek waar […]
Ek onthou
vroegoggend as die spasies broos vasgedruk tussen lig en donker lê groei ‘n donkeronthouseisoen om weer op treurboggels te ry terwyl verlange uit die kruike van my oë drup sien ek hoe die son poeier oor my bed en daar buite nuwe botsels aan boomgeraamtes bot dán roep die beeld van jou dood rou in […]
Aardsengel
In haar waansin wou sy ook weet wie se beeld lê dan in haar geskape — ‘n rib, wat nie heeltemal pas; stof wat stink in haar siel. Terwyl die blou in die weste goud word wens sy weerbarstig en waardigterlik – haar vonnis en sy lot is klaar verseël met die swaard van gereg […]
2017
Is dit eers as ritmiese refleksies van die lewe rookseine uit jou asemsnare ruk; dat die werklikheid tasbaar raak wanneer woorde bloei oor jou wese – geskandeer tot klankbedrog in waaigras. Is dit eers as simpatie vereenvoudig in simmetrie; woed deur die klankbaan van wat jy voel dat jy die reuk van realiteite sien rym […]
Om andersom te bid
2 Kor 5:1 – “Ons weet dat wanneer ons aardse woning wat maar net ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dis ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie maar deur God, en dit bly ewig staan.” Hier waar ek sit en wonder onder winter se nat […]
Vir Katrein
Vir Katrein Hierdie reis kon sy nie keer met haar vlerke trillend oopgestrek om die wieke van ‘n noordewind te vang hang sy halflyf aan haar spasies en ruimtes wat heelal om alles en almal. Met wilde woorde wat wakker lê in haar mond (om nimmermeer tot stof te keer) flap sy vere uit Walhalla […]
Ek skryf ‘n sprokie
Ek skryf ‘n sprokie… Ek skryf ‘n sprokie vir jul twee ‘n meisie en seun kaalvoet langs die see uitbundig lag en speel jul vreugde van lugkastele bou van anderkant die duine deel Ek skryf ‘n sprokie vir twee van hande wat vol diamante op spierwit strande vee drome vol goud en silwer wat na […]