Dagbreek padlangs
slingerpaaie sny luierpas vry af na onder deur slierte misstremsel wat dryf soos slap melksnysels tussen heuwelwrongel en wit wei sluimerende mooi miss Muffet op n poefstoel by die rooipienk kim slurp dit gulsigsnoep half rou uit haar papskottel-kom met ‘n lou vroegdag tong vir brekfis on the go ©Charleine Collins 18 Januarie 2019 Foto: […]
Digter is ‘n langstand atleed
Die wedloop tussen Woord en Gedig Die einde jaag my voete daar Die laaste “stretch”, Die laaste 100 m van my gesoek Die einde se lyn So ver dit wil onder my oë uit verdwyn So naby dit wil my swaar hande verlei “Ons het die gees” “Die ja man ja” “Ons voel dit in […]
Vlugteling
presies 5:30 am word sy wakker die lewe bloei deur haar are sy sit die ketel aan, ook die wasmasjien maak ham en kaas toebies vir skool dek die tafel vir ontbyt maak die kinders wakker en vat vir pappa koffie in die bed maar in haar kop is ‘n kannibaal; ‘n wegloop hond huil […]
FILMS UIT SUID-AFRIKA
FILMS UIT SUID-AFRIKA Dekadeslang is Suid-Afrika en alles wat suid-afrukaans is in alle europese medien met ‘n mening boikotteer: Polities ja. Maar ook op sosiale gebied, of daarstellende, letterkundige kuns, of op ‘n ander kulturele, of sportterrein. Net doodgeswyg. Asof die gebied en die mense nie bestaan het nie. Buiten daar was iets om oor […]
Bitternag
Ondier, ondier my ding die mislug skitter hemelhoog die sekelmaan spook oor die berge jy sit saam met Elia onder die besembos en kla oor te veel van genoeg en te min van te veel ek strek my hand na die nag en pluk die blinkste ster vir jou met kleure en klanke geur ek […]
Hand aan hand
Voor jou pad té nou raak mag ek maar entweg saam met jou te stap om jou hand styf vas te hou tot by die laaste groot boom tussen die hemel en jou hel want my kop is nog vars en vroegsomer lê saam met jou kaalgestroopte laatnag woorde sekeldiep teen die horison van my […]
Met Oupa op koers
my oupa was soos mansmense nie een vir rigting vra as ons in sirkels ry sou hy ‘n bedelaar ‘n joggie by die vulstasie of die vrou wat ‘n pakkasie op haar kop so knaknek dra net subtiel nie sien nie en ons navigasie van die back seat af eenvoudig ignoreer by elke kruispad sou […]
Philadelphia
(goud) Philadelphia In ’n kamer in die Blikhuisie wag daar ’n vulpen en papier en ’n posbus wat verlangbriewe reguit hemel toe kan stuur. Is daar nog ’n plek aarde wat so klein is van gestalte, maar tog so groot van gees; wat midde veld en koringlande ’n baken van die hoop wil wees. Met […]
Resensie: Die film, BALON
Die film, BALON Twee gesinne in die ou DDR wil „Republiekvlug” begaan. Hulle wil met ‘n warmlugballon in die Weste uit die kloue van die „reel-eksisterende sosialisme” ontsnap. Hulle werk in handweklike bedrywe en het die moontlikheid om so ‘n ballon te bou, ofskoon nie een van hulle ooit met vlieëry of lugballons iets te […]