Op reis: Gepak
Op reis: Gepak My tas is gepak. My kosblik ook. Met ’n paar bottels wyn, crackers en grondboontjiebotter. En ’n paar perkses wat ek perongeluk op die winkel se yskasrak gesien het. Môre vat ek die pad. Dit is nie die eerste keer dat ek in my kar klim en so ver ry nie. Dit […]
Op reis: Beplanning
Oor 8 slapies pak ek my kar. Ek alleen. Dan sal ek agter die stuur inklim en die sleutel draai. Die enjin sal aangaan met sy gewone brul. Die “rat” sal gemaklik van “P” na “R” gly (ja, ek ry ’n outomatiese kar, moenie my judge nie) en dan sal die wiele draai. Ek weet […]
Wag,
Wag. Geskryf oor die tyd dat ons in Malawi gaan woon het. Oor lang tyd, min tyd, verkeerde tyd. Bokka is toe hier weg. My laaste opdrag: ‘gaan kry dinge vinnig agtermekaar daar in Johannesburg en wikkel Malawi toe. As jy daar aanland is die heel belangrikste taak om my vliegtuigkaartjie te stuur sodat ek […]
BROER: Tema: Dagdrome
BROER: Tema: Dagdrome Ek mis my enigste broer net soos ‘n storm my hart Roger mag ek jou gou weer vashou ek verlang oneindig baie na jou goed net soos geld wat my ophou hoekom is ek nie ‘n rykman nie net soos die rykes dit kan bekostig my droom sal dalk nooit gebeur blyk […]
Heilige ibis
Heilige ibis* Die son kom op net waar sy wil en wys haar mooiste kleure oor Blue Downs* en Driftsands* se duine. Sy strooi haar gloed oor wilde tuine wat weinig meer as sand en boegoe is. Sy steek haar kop deur rook en mis en vly haar skoonste lig oor roet en as – […]
Koue somer
Ek staan vanoggend op na nog ’n lang nag sonder slaap; buite hang ’n vreemde skemer – dis somer, maar dit reën hier in die Kaap. (Jy’s dan seker reeds op pad.) Laas het jy gesê jou tyd is baie min; drie en vyftig dae, dan vlieg jy weg – om (dalk) nooit weer terug […]
Rynvaart
ich weiss nicht was soll es bedeuten dass ich so traurig bin maar ek kan van dors nou vrek tussen water sover die oog kan sien is jy met jou besoedelde deinings, Ryn, jy laat my sweet en sweet op ‘n boot se dek hier tussen Duitse Fräuleins met lang beenhare en koel bottels wyn, […]
Tanka – 3
ontwortel my stem uit dié brakland se boesem, verwoord my drome teen ‘n hemelkroon van glas – dat ek opnuut wéér kan sien ©Erika Viljoen (Silwer) Prent: Cyril Rolando
Middernag
Middernag in hierdie uur waar einde raak aan weer begin sien ek kersies brand die rye vlamme voor my veel minder as die agter © Barbara Smit –23/01/2019
NUWEJAAR
Nuwejaar nog ‘n rondte om nog ‘n lange jaar verby eer ons weer wegspring vlugtig omdraai pad betrag werk en weë te weeg en meet © Barbara Smit –23/01/2019