Die lewe is ‘n reis
Die lewe is ‘n reis Die lewe is ‘n reis, ‘n reis wat ek onderneem in verskillende fases van my lewe. As ek terugdink aan my voorskoolse kinderjare voel dit of dit die belangrikse reis in my lewe was – dit is die fase wat die meeste impak op die res van my lewe gemaak […]
agteros
kreunend en steunend stap ek soos ‘n wafferse agteros teen die duin op elke oggend se ritueel wag vir die son om te skyn oor Sy prieël water blink in deinende golwe seemeeue sweef trots oor alles mense ontwaak al rekkend en strekkend stap hul langs die see se soom ver bo gil albatros sy […]
Liefde is vir die voëls
dis die sout op haar lippe dis die sout oor haar wang en sewe pelikane wat bo Saldanhabaai hang dis die daisies aan die voet van die grys klipkrans en die witkruisarend wat oor die veld swerfdans dis die wolke in die hemel dis die wit teen die blou en ooievaars wat koers verby Darling […]
styl
wie sou nou daaraan dink dat golwe stylvol op strand uitspoel spier wit strande ontvang hul deel daarvan verkleur soms met storms wat chaos skep maar herstel gereeld na wit skulp strande verder noord is daar swart klipstrande elke strand het ook sy eie musiek sagte musiek wat mens sus ander weer maal en kerm […]
‘n Heksejaar
hierdie jaar gaan ek vir my ’n langsteelbesem koop een wat baie goed kan vee maar vlieg – dié moet dit ook in my kamer in my kas daar hang ’n lang swart jas en doer agter in die laai – ‘n punthoed om te pas ek sal vere voel vir mense wat dink ék […]
afrika se gees
aardbewings rondom ons oos van ons ses punte op skaal wes van ons sewe punte op skaal suid van ons vyf punte op richterskaal afrika is geseënd – wag dalk op die ou grote wat sy hart van noord na suid in twee kan skeur slenkdal dalk vergroot in nuwe seeweg nuwe los kontinent gaan […]
Verlore brief in ‘n bottel
Die waarheid is niks minder as die klop van jou hart – ek hoor dit ook met elke son wat sak is die wonder van ‘n einde ‘n slinternuwe begin. Mense soos ek en jy was nooit gemaak om te huil of te skuil – “we were set to sail” vat my hand; my naam […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n liefdesbrief
My liefling – dit was lente en ek wou net laf wees (dis maar al) ek wou bloeisels ruik en lelies pluk waar hul wit kelk langs die stroompie teen die skuinste van die wal en ek wou gaan waar daisies dans oor die vlaktes van Namakwaland en êrens tussen sand en klip weer kyk […]
Waar sal die beeste wei
dis iewers op ‘n plek, heel van mens verlaat – daar waar winterbome met die vaal gras praat; êrens in die Vrystaat, waar ‘n dam nog blink – daar waar die son haar lig in die water skink © Carma Shaw 2 Februarie 2018
Bevryding: n.a Ingrid jonker – Ontvlugting
Bevryding n.a Ingrid jonker – Ontvlugting Tussen wier en gras sou ek ook wou soek – na vryheid, verlossing en God. In vreemdes se oë het ek soms stukkies gesien – van min of meer dit wat ék nooit sou vind. Die gladde son en die rowwe maan het dalk ook binne my ontbind, dit […]