Hierdie vrou van Afrika
Waar was ek toe die wêreld nog stikdonker was, lank voor die eerste lig verskyning; toe U twee klippe kap tot vonk – waar was die kruitvat, waar die lont? Hoe vurig die geboorte van die son. Was ek daar toe U die sterre deur die heelal string en die maan poleer tot edeltin, toe […]
Moederland
O land van my geboorte – my voete is geanker aan jou grond. My vingers is verstrengel in jou gras; my gees dwaal oor jou vlaktes rond. My siel – my siel sit in jou klowe en binne skeure in jou berge vas. Ek hunker ewig na jou son, jou blou-blou hemel en na jou […]
Liewe Vincent
Wat van jou laaste brief geword het, weet ek nie verseker, maar sou ek jou afgesnyde oor om ‘n gesellige tafel, in my sakdoek kry, waar sou ek wees en wat sou dit aan my doen? Miskien sou ek ook deur jou wolkblomme sweef en my traanspatsels in blou kringe oor jou sonneblomme verf, of […]
LEIPZIG
LEIPZIG As tiener het ek van ‘n man gelees wat daarvan sou geleef het dat hy aan elke kompetisie met pryse in die koerante, tydskrifte en radio deelgeneem het. In altwee tale, maak nie saak wat die prys was nie. „Een of ander tyd moet mens mos wen,” het hy gesê, „en hoe meer ek […]
Teenstryd
Daar was spore oor die witsand wat deur die duine loop weg van die branders weg van die see weg van die meeue en rotse ek het dit gevolg tot by ‘n treinspoorlyn; by ‘n verlate stasie – hier het ek gewag vir ‘n dag wat dalk nooit weer sal kom. © 2018 Caren Kearley […]
Rockbottom (2018)
Dalk moet elke mens ‘n leë dam in die oë gaan kyk; een waarin vervloë se (nóú) naakte bome staan. ‘n Dam wat sonder asem is, waarin wit stof soos ‘n wasem is wat uit waterlose bodems van droë riviere slaan. Miskien moet elke mens kaalvoet teen ‘n wal afloop (een waarop jou spore in […]
STOOMTREIN
STOOMTREIN Ek hoor die trein se harde fluit stoom borrel by die lokomotief uit hoor ek hoe swaar die enjin druis sukkel die trein die opdraande uit hoor ek tik tak klanke op die spoor deur berge en klowe in my oor deur die venster kyk ek vêr terug na die rooi lang trokke op […]
Die vrou weet waar die vuur is
die vuur is in die son se straal oranjerooi in gloed wat wals oor vlaktes en oor velde; dis in die môrestond se groet die vuur vloei deur valleie dit volg die nag se spoor deur elke kronkelpaadjie die hellings en die steiltes oor die vuur vly in die blom se kelk en teen die […]
Versprei
Sy behoort nie aan iemand nie. Sy behoort nie aan ‘n man nie. Haar siel is fyngetrap in stukke getrap lank gelede deur baie mense die stukkies het verpoeier en is opgeneem met die wind en versprei deur die heelal en soms as jy gelukkig is kan jy van die stukkies sien blink in die […]
Duskant Hermon
(As mens van Tulbagh af Kaap se kant toe ry, by reeds geoeste koringlande en stapels strooibale verby) sien jy genade in die beeste (langs ‘n koel stroom) teen die wal en in die ampersomerwolke – wat soos asem – oor die kranse en deur klowe van ’n Boland blouberg val. © Carma Shaw 20 […]