Tussen my en jou
Daar het ‘n straal gekraak toe die son opkom en ek hom deur die glinster van jou oog wou vang hy lê nou op die grond besig om donker te word sy splinters skyn soos glas deur die gleufies van wat ons eenmaal was toe ek my hand uitsteek en saggies aan hom raak, het […]
Vreemdeling vir ‘n enkeling
Oor die bleek verlate strand skryf ek jou naam met ‘n wit skulp in die soutsand, want my spore soek na ‘n tyd en plek dalk nie eers vir ons bedoel. Híér oor brekende branders bring ek vir jou – saam met die ewige gang van die lewe; verversde gedagtes op die skuim van elke […]
By Botrivier lê ‘n spikkelveer
O Botrivier ek sien jou soms so lê in die wind se waai met jou meeue wat in swerms oor jou strandmeer swenk en swaai. Die mis rol uit die suide in om oor valleie te kom hang en in dynserige beelde word jou skoonheid vasgevang. Langs jou donker oewerwaters lê die skuite stil gestrand […]
Vroegoggend
Die strate baljaar in afwagting veraf huil ‘n honger hond vanoggend se koerant met gister se nuus val sag op die vars gras saam met dertig nuwe lyke in Syria; want hier word alles mos verewig in woorde wat wakend om ons hang soos die werke van Shakespeare en David omdat almal alewig na die […]
Afrika Kreet
Donkerman, vandag het sy kleed om ons gevou soos ‘n maan wat verduisterd agter ‘n son baljaar tot die melkweg sy skitterblink laat straal en ons soos motte na die liggies staar, deur ‘n heelal vol klankende golwe – behalwe vir die kleingeestiges wat dink die Kaap is weer Hollands. Ja, wanneer môre se dou […]
Die Uittog
Die Uittog, deur Stephan Uys Hier na die einde van November bestudeer ek en Liefie die begroting met ‘n vergrootglas, nie omdat ons oë so sleg is nie, maar omdat ons salarisse so klein is. Ons besef sommer reeds gou in ons ondersoek dat daar nie fondse is vir see toe gaan nie. My hart […]
Die laaste klip
Bly doodstil. Kan jy dit ook hoor geraamtes uit haar kas soos Judas, Pilatus, Petrus en Brutus wat uit al wat gat is bars – korrel vir korrel veg sy ses voet na bo. Saam met blink gevryfde intensies en ontrafelde verwagtinge beur sy deur klippe en kluite wat uit huise van glas op haar […]
Ek vlug soms, lief
Ek vlieg soms oor ons land, my lief ‘n enkeling aan’t vlug van hierso tot ‘n verweg plek soos duiwe deur die lug. Ek vlieg soms waar die wolke wit oor berge heen en t’rug so asof ek nie bang is nie soos duiwe deur die lug. My lief, die veld is soms aan’t blom […]