Foto’s wat lag
Die pad lê lank voor ons oop En ver voor ons net die horizon Wat agter lê is reeds verby Al wat ons ken is vorentoe ry Ons is saam op ‘n nuwe reis Elke dag is nuut en dit maak ons vry Die bestemming is nog onbekend Maar die foto’s van gister lag En […]
Toere deur my hart
Stadig soos herfs blare val, of klippies deur die see sand maal Tyd saam, soos die winter son se strale oor my sy hitte vorm So toer ons lewens, en ons smart, en vorm daar ‘n mens se hart Elke lag, en elke traan, sal tog ons as mens se harte bepaal Finaal, soos die […]
‘n Vrou van seisoene
i. laasjaar (toe dit lente was) het sy Tulbagh toe gery en sy onthou nog hoe groen die lande was waar die koring en die wingerde gedy die blouberge het – soos altyd – die Boland vol gelê en daar was skape met hul lammers wat teen die rante loop en wei en Aronskelke, wat […]
2 julie 2018 … en die pers heks van Blommeland skryf
My liefling, dit is winter en ek verlang weer, dis maar al – hier vanuit die Kaap waar die reën vanjaar in strome oor die Weskus en die Boland val. Die bitter van die droogte is uiteindelik verby en water stort oor kranse by Jonkershoek, De Doorns en Grabouw. Vol riviere raap nou dooie reste […]
Poskaart uit Praag
ek stuur vir jou ‘n poskaart uit Praag sy beeld word in ‘n papierboot gevou en sy boodskap dra oor die Donau ek hoop dat sy kleur jou sal herinner aan die sonsakgeur van laatnag vonkelwyn waarin jou glimlag so graag in die voordagdou sou verdwyn en jou trane my vloei van rigting word tot […]
Tinkerbel
Uiteindelik het ek myself weer gevind met my arms gevou om my kind my siel verstaan dié heilige liefdesdou van soete woordjies wat aan my wese klou. Wyd het ek vervreemd verwaai, eentonig soos ‘n ou gesang in die donker het ek met dorre hande rondgetas, bleek-bang deur ‘n skim-naelstring het ek gehoor hoe haar […]
Herfsblom
Herfsblom is my naam in magiese skitterprag om helder te skyn. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
STOOMTREIN
STOOMTREIN Ek hoor die trein se harde fluit stoom borrel by die lokomotief uit hoor ek hoe swaar die enjin druis ou groote sukkel die opdraande uit hoor ek tik tak klanke op die spoor deur berge en klowe hoor ek in my oor deur die venster kyk ek ver terug na die rooi lang […]
My Suid-Afrika
My land het wye vlaktes met grasvelde en bosveldbos, waar miershope toring en akasia hul vervies vir bobbejaan se roep. Wanneer Transvaal, gevul met stad en dorp- van Alldays en Zeerust tot Komatipoort- langs kosbaar Kruger’tuin, my lei oor helder Vaalrivier na goeie Vrystaat, nog Oranje, kuier ek in mielielande en stadsale en kerke- honderd […]