Sy klee haar met die lente
die Sandveld gooi haar lentekas se deure oop en heel die vaalte word in kleur en geur gedoop sy dra sout op haar lippe ek proe sout op haar wang sy laat sewe pelikane bo Saldanhabaai hang sy sprei daisies aan die voete van ’n rots en krans sy maak ’n witkruisarend teen die blou […]
Reisplan (Opdrag 4)
tussen twee spore van toe en nou staar ek deur glinsterende diamanttrane (hoopvol) na die belowende natuurskoon terwyl my vingers speels gly oor die kreukels van padkaartherinneringe tussen twee spore van toe en nou het die belofte van ‘n sewende hemel soos roet aan my handpalms kom lê – en net soos steenkool het my […]
Alleenspraak
Sy het haar voete voor die vlamme gevly en met vuil vuiste na binne gedraai: “Hallo siel, jy lyk moeg jou lig is dof en die laaste paar dae se kruise bloei nog oor jou bult, maar mag ek jou vra waar is my kind hierdie halfgemaakte winter is lewenslank en as jy weet waar […]
Met sincerity-Opdrag 2
Met sincerity sal jy ooit die druk verstaan van besigheid en bestuur dienste en beleggings geliaseer, en die spanning daarmee? jy is seker onbewus hoe lyk die groter besigheidsplan uitgespel aan aandeelhouers, in finansiële winste op hul geld? ‘almiskie nie minee, met respect, ek salli wieti ma ek sê ôk djy salli wiet hoe voellit […]
Waar die hart is (opdrag 2)
dikwels, as ek deur hierdie voorstad ry en spitsuurmotors kruie blink by my verby laat ek my blik teësinnig oor dié vooruitgang dwaal: groot huise en fabrieke, torings in die mis, die vaalheid van die vaal sement, die ongenaakbaarheid van staal huis voel nou soos ’n ander plek: dis ’n Kannalandse droom waar die aarde […]
Ek vlug soms, lief
Goud Ek vlieg soms oor ons land, my lief ’n enkeling aan’t vlug van hierso tot ’n verweg plek soos duiwe deur die lug. Ek vlieg soms waar die wolke wit oor berge heen en t’rug so asof ek nie bang is nie soos duiwe deur die lug. My lief, die veld is soms […]
2 julie 2018 (en die pers heks van Blommeland skryf)
Goud My liefling, dit is winter en ek verlang weer, dis maar al – hier vanuit die Kaap waar die reën vanjaar in strome oor die Weskus en die Boland val. Die bitter van die droogte is uiteindelik verby en water stort oor kranse by Jonkershoek, De Doorns en Grabouw. Vol riviere raap nou […]
Versamelde gedagtes
Só sonder om een maal om te kyk of tale te gebruik om tekens rondom ons weg te wys skryf ek jou af vir een laaste maal herskryf ek summier jou skrif teen die muur (wat jy om ons gebou het) en skend ek die stiltes wat altyd om ons sal swyg soos ‘n oop […]
Rooihoedjies en Rooikappies
Veronica is besig om dit te verloor. Sy sit in die middel ry in die minibus, nie eens langs ‘n venster nie, omring deur haar sewe Rooihoedjie vriende. En die massiewe pers rugsakke wat elkeen gekoop het vir hul toer. Miskien sou sy kon gewoond raak aan die klein spasie as die grootste treffers van […]
Stofpad
stofpad na wie weet waar met spore diep getrap en onverklaar slingerend deur onbekende ruigtes se Niemandsland na uitgestrekte wydtes kinkeldraai in war gemoed wat afwagtend na antwoord soek roekelose spore trap wanneer stofpad-verleiding roep ©Driekie Grobler